Agterblad-span gesels oor Protea-treurmare

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-span kom vandeesweek byeen om te probeer sin maak van wat hulle in die eerste toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland aanskou het.

Die futlose kolfvertoning word oor die kole gehaal; met die veranderinge aan die toporde wat nie die gewenste effek gehad het nie. Verder word die boulers se duur lopietempo betreur, terwyl voorstelle oor wat moet verander ook gemaak word.

Die nuus dat FIA as’t ware ’n kabinetskommeling gehad het met die nou voormalige wedrendirekteur Michael Masi wat uit sy pos onthef is, word ook gedek. Die skrif was natuurlik lank reeds aan die muur ná die laaste ronde van die 2021-seisoen.

Daar word gekyk na die voorgestelde veranderinge aan die resiesbestuur, sowel as die nuwe reëls wat vanjaar intree. Die span gee ook hul menings oor wie tot dusver die beste motor bekend gestel het.

Laastens word die Engelse Premiersokkerliga ontleed, met ’n titelresies wat nou weer op die kaarte is ná Spurs se oorwinning teen die voorloper Manchester City.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.