Agterblad-span gesels oor rugby, tennis

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-span kom vandeesweek byeen om oor die geskiedkundige gebeure in Melbourne te gesels.

Met Rafael Nadal wat die rekordboeke herskryf het, debatteer die manne waar hy homself op die lys van die beste sportsterre nóg bevind en of sy wedywering met Novak Djokovic en Roger Federer as sport se beste bestempel kan word.

Dan word daar oor die Verenigde Rugbykampioenskap gesels. Die Stormers se merkwaardige terugvegpoging teen die Sharks geniet aandag, terwyl daar ook gekyk word na watter plaaslike span die beste kans het om vir volgende jaar se Kampioenebeker te kwalifiseer.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.