Agterblad-span gesels saam met Louis Wilkinson

Foto: Verskaf.

In Agterblad se eerste episode wat slegs in krieket spesialiseer, sluit Louis Wilkinson (voormalige eersterangse speler en huidige SuperSport-kommentator) by die span aan om sy insigte oor die komende reeks teen Indië te deel.

In die episode kan luisteraars uitsien na ’n bespreking van Suid-Afrika se spelersgroep, watter insluitings óf weglatings laat die wenkbroue lig, terwyl moontlike keurdertameletjies ook aandag geniet.

Laastens word gekyk of hierdie Indiese span, met sy befaamde snelboulergroep, die beste nóg is om sy verskyning op Suid-Afrikaanse bodem te maak.

Hierdie gesprek kan jy nie misloop nie!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.