Agterblad-span neem Bahrein-wedren in oënskou

Foto: Verskaf.

Daar is nie ’n ander manier om dit te verwoord nie – ná afloop van die naweek se Grand Prix-aksie in Bahrein is Hendré Cubitt sommer baie opgewonde.

Die groot Ferrari-ondersteuner is in die wolke nadat Charles Leclerc en Carlos Sainz die toppodiumplekke ingeneem het, terwyl Mick Schumacher ook baie naby aan ’n toptienplek gekom het.

“Kom luister gerus na die Agterblad-span se ontleding van die eerste wedren van die 2022-seisoen. Alles word bespreek – van die eerste indrukke tot die grootste verrassings, teleurstellings en frustrasies.”

Het Ferrari nog teruggehou met hulle vuurpyl van ’n enjin? Is Mercedes se doppie vir hierdie seisoen geklink? Gaan Red Bull vanjaar enigsins ’n wedren klaarmaak? En hoe op aarde is Kevin Magnussen so vinnig?

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.