Agterblad: Wie se renmotor lyk die beste?

Foto: Verskaf.

Hoewel die Agterblad-spanlede hul brood en botter met hul sportkennis en slim ontleding verdien, beteken dit geensins dat hulle nie ook die kaviaar van die lewe kan waardeer en geniet nie.

In vandeesweek se episode verruil die span hul skrumpette vir ’n glasie vonkelwyn en ’n paar haute couture-skoene: Daar word immers na kuns gekyk.

Luister gerus na die mening van drie pseudo-kunsgeleerdes wat die nuwe F1-motors se fynere ontwerpdetail noukeurig ontleed en bepunt.

Daar is die omstredenheid, spanning, geluk, vreugde en teleurstelling waarop enige kunsmeester trots sou gewees het.

In ander nuus word die Proteas se terugvegpoging in Nieu-Seeland bespreek, terwyl rugby (Sesnasies en Verenigde Rugbykampioenskap) ook aandag geniet.

Moenie hierdie episode misloop nie!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.