‘Agterbladspan’ se finale F1-voorskou

Foto: Verskaf.

Ná 21 onvergeetlike rondes lyk die einde van die F1-seisoen net soos die begin: Die twee kampioenskap-protagoniste gelyk op die punteleer.

In hierdie spesiale episode van Agterblad kom die span byeen om eerstens oor die sleutelgebeure van ’n geskiedkundige F1-seisoen te gesels.

Daarna is Sondag se belangrike wedren aan die beurt: Wie gaan die meeste voordeel uit die nuwe uitleg van die Abu Dhabi-baan trek? Wat is die rol van Max Verstappen en Lewis Hamilton se spanmaats in hul wêreldtitelveldtog? Kyk ons na ’n moontlike herhaling van die Suzuka-wedren in 1990?

Laastens word die belangrikste vraag van almal beantwoord: Wie is ons gunsteling om met die jaerskampioenskap weg te stap?

‘n Aksiebelaaide episode van Agterblad vir ’n fantastiese F1-slottoneel is nou beskikbaar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.