Die droom-halfeind tussen Roger Federer en Rafael Nadal in die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows is van die baan.
Op ‘n aand van verrassings het Juan Martin, 24ste gekeur, Woensdagaand vir Federer uit die toernooi geboender toe hy hulle kwarteind-wedstryd met 7-5, 3-6, 7-6 (10-8), 6-4 gewen het. Federer was derde gekeur.
In 2009 het die Argentyn ook alle voorspellings ongedaan gemaak toe hy die einste Federer in die toernooi se eindstryd geklop het.
Die wedstryd Woensdagaand is waarskynlik beklink toe Del Potro vier stelpunte in die valbylpot van die derde stel afgeweer het om met twee stelle teen een voor te loop.
In die vierde stel het Del Potro net drie punte op sy afslaan prysgegee en net een ongedwonge fout gemaak.
♦ Dit was egter nie die enigste verrassing van die aand nie. Die eerste gekeurdes Karolina Pliskova is in haar kwarteind deur Coco Vandeweghe met 7-6 (7-4), 6-3 uitgeskakel. Vanderweghe is 20ste vir die toernooi gekeur.
In die ander twee kwarteindwedstryde Woensdagaand het Nadal, eerste gekeur, maklik met die ongekeurde Andrey Rublev klaargespeel. Die telling was 6-1, 6-2, 6-2.
Madison Keys (15) het Kaia Kanepi in twee stelle geklop.
♦ Nadal speel nou in die halfeind teen Del Potro (24) terwyl Suid-Afrika se Kevin Anderson (28) teen Pablo Carreno Busta (12) te staan kom.
Wat die vroue betref, speel Vandeweghe (20) teen Keys (15) en Venus Williams (9) kom teen Sloane Stephens (ongekeur) te staan. Al vier vroue in die halfeind is van die VSA.
Vir volledige tellings, afslaantye en loting, klik hier.
die tyd as Kevin speel asb.
Vr aand om 22:00.