Amla gaan familie bystaan

Hashim Amla. Foto: Cricinfo.

Die Protea-kolwer Hashim Amla sal die res van die eendagreeks teen Sri Lanka misloop sodat hy by sy siek pa kan wees.

Reeza Hendricks sal hom weer voor môre se vierde eendagwedstryd op St. George’s Park in Port Elizabeth by die span aansluit.

Volgens die Proteas se spanbestuurder, Mohammed Moosajee, het Amla gevra om weens menslikheidsredes van die laaste twee wedstryde verskoon te word omdat sy pa in ’n kritieke toestand is.

“Ons gebede is met Hashim en sy familie in hierde moeilike tyd en ons verstaan dat familieverpligtinge altyd eerste kom.

“Die keurders het besluit om Reeza Hendricks by die span te voeg. Dit was immers altyd hul mikpunt om vir Hashim en Reeza gedurende dié reeks te roteer,” het Moosajee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Goeie besluit en dalk die rede waarom hy tans nie op dreef is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.