2025 se F1-aksie begin in Melbourne

(Foto: Antonin Vincent/DPPI via AFP)

Die huidige F1-seisoen is nog net ʼn paar wedrenne oud, maar die sport se base het reeds die kalender vir 2025 opgetrek.

Daar wag weer eens 24 wedrenne op motorsportliefhebbers en die aksie sal op 16 Maart 2025 in Melbourne wegspring en kom op 7 Desember in Abu Dhabi tot ʼn einde.

Veranderinge wat vanjaar aan die kalender aangebring is, is ook na 2025 oorgedra om ʼn beter geografiese vloei van die wedrenne te verseker.

Japan en China sal ʼn geleentheid kry om die geruite vlag ná Australië te swaai, met Europa wat daarna kans kry, gevolg deur Noord- en Suid-Amerika.

Die wedrenaksie word in die Midde-Ooste afgesluit.

Volgens Stefano Domenicali beloof 2025 om ʼn spesiale jaar in die sport se geskiedenis te wees.

“Ons vier dan die 75ste jaar van die F1-wêreldkampioenskap en dit is te danke aan die sport se nalatenskap wat ons toelaat om ʼn goeie bepalingskalender op te stel,” het F1 se uitvoerende hoof en president gesê.

“Ons sal weer eens 24 ongelooflike venues wêreldwyd besoek met topgehalte wedrenaksie en vermaak op die spyskaart.”

2025-wedrenbepalings:

14 tot 16 Maart: Australië

21 tot 23 Maart: China

4 tot 6 April: Japan

11 tot 13 April: Bahrein

18 tot 20 April: Saoedi-Arabië

2 tot 4 Mei: VSA (Miami)

16 tot 18 Mei: Italië (Imola)

23 tot 25 Mei: Monaco

30 Mei tot 1 Junie: Spanje

13 tot 15 Junie: Kanada

27 tot 29 Junie: Oostenryk

4 tot 6 Julie: Verenigde Koninkryk

25 tot 27 Julie: België

1 tot 3 Augustus: Hongarye

29 tot 31 Augustus: Nederland

5 tot 7 September: Italië (Monza)

19 tot 21 September: Azerbeidjan

3 tot 5 Oktober: Singapoer

17 tot 19 Oktober: VSA (Austin)

24 tot 26 Oktober: Mexiko

7 tot 9 November: Brasilië

20 tot 22 November: VSA (Las Vegas)

28 tot 30 November: Katar

5 tot 7 Desember: Abu Dhabi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.