22 in ʼn ry vir Djokovic op Wimbledon

Novak Djokovic vier gister se oorwinning. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Dit het dalk vier stelle of meer geverg, maar Novak Djokovic, Andy Murray, Jannik Sinner, Carlos Alcaraz en Hubert Hurkacz is deur na die volgende ronde op Wimbledon.

Djokovic, die verdedigende kampioen, moes ’n bietjie sweet om verby Suid-Korea se Soonwoo Kwon op die ikoniese hoofbaan te kom. Hy het egter in vier stelle met 6-3, 3-6, 6-3 en 6-4 gewen en dit was sy 22ste Wimbledon-oorwinning op ’n streep.

“Hierdie baan is baie spesiaal vir my. Ek het as kind daarvan gedroom om op Centre Court te speel en te wen. Nou is my kinderdrome ’n werklikheid en dit is ’n groot voorreg om weer op hierdie ikoniese baan af te slaan,” het Djokovic gesê.

Dan moes Alcaraz harde bene kou om met Jan-Lennard Struff af te reken.

Hoewel Struff die eerste en die derde stel gewen het, het die 19-jarige Spanjaard kop gehou om die kragmeting uiteindelik met 4-6, 7-5, 4-6, 7-6 en 6-4 te beklink.

“Ek het eintlik die wedstryd baie geniet en dit was ’n lekker tweestryd wat vir langer as vier uur aangehou het. Ek hou deesdae daarvan om op grasbane te speel en ek glo dat my spel op die oppervlak verbeter het,” het Alcaraz gesê.

Vandag sal spelers soos Rafael Nadal, Felix Auger-Aliassime, Iga Swiatek en Serena Williams hul eerste wedstryde van die toernooi speel.

  • Uitslae:

Reilly Opelka klop Carlos Taberner met 7-6, 6-4 en 2-1 (wedstryd gestop)

Andy Murray klop James Duckworth met 4-6, 6-3, 6-2 en 6-4

Jannik Sinner klop Stan Wawrinka met 7-5, 4-6, 6-3 en 6-2

Carlos Alcaraz klop Jan-Lennard Struff met 4-6, 7-5, 4-6, 7-6 en 6-4

John Isner klop Enzo Couacaud met 6-7, 7-6, 4-6, 6-3 en 7-5

Novak Djokovic klop Soonwoo Kwon met 6-3, 3-6, 6-3 en 6-4

Hubert Hurkacz klop Alejandro Fokina met 6-7, 4-6, 7-5, 6-2 en 7-6

Casper Ruud klop Albert Ramos Vinolas met 7-6, 7-6 en 6-2

Angelique Kerber klop Kristina Mladenovic met 6-0 en 7-5

Marie Bouzkova klop Danielle Collins met 5-7, 6-4 en 6-4

Emma Raducanu klop Alison van Uytvanck met 6-4 en 6-4

Anett Kontaveit klop Bernarda Pera met 7-5 en 6-1

  • Vandag se bepalings:

Grigor Dimitrov teen Steve Johnson

Nick Kyrgios teen Paul Jubb

Felix Auger-Aliassime teen Maxime Cressy

Rafael Nadal teen Francisco Cerundolo

Denis Shapovalov teen Arthur Rinderknech

Stefanos Tsitsipas teen Alexander Ritschard

Iga Swiatek teen Jana Fett

Simona Halep teen Karolina Muchova

Serana Williams teen Haromy Tan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.