Al-Attiyah se Hilux brul weer

Nasser Al-Attiyah. Foto: Franck Fife/AFP.

Katar se Nasser Al-Attiyah het vanjaar reeds ’n rits Dakar-skofte in sy Suid-Afrikaans geboude Hilix gewen, maar Stephane Peterhansel volg sy vordering steeds deur net af en toe in sy Mini se truspieëltjie te kyk.

Al-Attiyah het gister sy vierde skof van die veldtydren gewen toe hy die sneltrajek van 375 km in net minder as drie uur kafgedraf het. Hy is egter steeds meer as vier minute stadiger as Peterhansel op die algehele punteleer.

Suid-Afrika se Giniel de Villiers het weer eens die wind van voor met vier pap bande gekry.

“Ja, dit was nog ʼn teleurstellende dag. ʼn Mens probeer so hard om tyd op te maak; ons het al 18 pap bande in hierdie Dakar-ren gehad,” het ʼn gefrustreerde De Villiers gesê.

  • Skofuitslae:
  1. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) 2:56:56
  2. Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +52 sekondes
  3. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) +3:03
  4. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +12:44
  5. Cyril Despres/Michael Horn (Peugeot) +12:49
  6. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +18:23
  7. Shameer Variawa/Dennis Murphy (Toyota) +18:51
  8. Vladimir Vasilyev/Dmitro Tsyro (Mini) +19:05
  9. Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +21:37
  10. Christian Lavieille/Jean-Piette Garcin (Optimus) +22:06
  • Algehele punteleer:
  1. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) 29:36:49
  2. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) +4:50
  3. Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +38:55
  4. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +1:38:08
  5. Nani Roma/Alexandre Winocq (Brx) +2:19:59
  6. Vladimir Vasilyev/Dmitro Tsyro (Mini) +2:42:00
  7. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +2:45:33
  8. Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +3:18:24
  9. Giniel de Villiers/Alex Haro Bravo (Toyota) +3:26:50
  10. Christian Lavieille/Jean-Pierre Garcin (Optimus) +3:41:57

 

  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.