Albei SA hokkiespanne kry pak in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika se vroue- én manshokkiespan het Woensdag by die Internasionale Somerreeks in Kaapstad sleg daarvan afgekom. Die mans is 1-7 deur Nederland verniel en die vrouespan het hulle wedstryd teen China 2-5 verloor.

Die vrouespan se telling is nie ʼn akkurate weergawe van die verloop van die spel nie. Rustyd was die telling nog 1-1 en met net die laaste kwart oor was die telling nog ʼn mededingende 3-2 in die besoekers se guns.

Sulette Damons en en Candice Manuel het die doele vir Suid-Afrika aangeteken.

Lilian du Plessis het die groot mylpaal bereik deur haar 100ste wedstryd vir Suid-Afrika te speel.

Die Nederlanders was egter eenvoudig in alle opsigte te goed vir die Suid-Afrikaanse mans wat hulle tweede groot neerlaag in die toernooi gely het.

♦  Donderdag speel die vroue weer teen Chili, maar die hoogtepunt van die aand is die wedstryd tussen België en Nederland se mans. Dit is ’n wedstryd tussen die silwermedaljewenners by die 2016 Olimpiese Spele (België) en die nommer 3-span op die wêreldranglys (Nederland).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.