Dit het Carlos Alcaraz minder as twee uur geneem om met Groot-Brittanje se Jack Draper af te reken. Die verdedigende kampioen was op sy aanvallende beste en hy het die wedstryd met 6-3, 6-3 en 6-4 gewen om vir die kwarteindstryd te kwalifiseer.
Sodoende het hy slegs die tweede speler in die Ope-era – naas Andre Agassi – geword om in drie Amerikaanse Ope-kwarteindstryde vóór sy 21ste verjaardag te speel.
Alcaraz het nog net een wedstryd in New York verloor en hy erken dat harde bane sy gunsteling-baanoppervlak is.
“Toe ek vroeër vanjaar met die louere op Wimbledon weggestap het, het ek ʼn baie groter waardering vir grasbane gekry. Ek is eintlik op my gemak op al drie verskillende baanoppervlakke, maar harde bane is beslis my gunsteling,” het die Spanjaard gesê.
This shot from this angle ????@carlosalcaraz | @usopen | #usopen pic.twitter.com/Weu3QuEjfQ
— ATP Tour (@atptour) September 4, 2023
Dan het Daniil Medvedev ook sy plek in die kwarteindstryd van die toernooi bespreek toe hy Alex de Minaur met 2-6, 6-4, 6-1 en 6-2 geklop het.
Die Rus het aanvanklik gesukkel om aan die hitte gewoond te raak, maar hy het gou sy voete gevind om drie stelle op ʼn streep te wen.
“Party spelers is heel oukei om in die hitte te speel, terwyl ek maar so ʼn bietjie sukkel. Gelukkig kon ek daarin slaag om na ʼn hoër rat oor te skakel en ek is baie tevrede met my spel in die afgelope paar stelle,” het Medvedev gesê.
Uitslae:
Daniil Medvedev klop Alex de Minaur met 2-6, 6-4, 6-1 en 6-2
Andrey Rublev klop Jack Draper met 6-3, 3-6, 6-3 en 6-4
Carlos Alcaraz klop Matteo Arnaldi met 6-3, 6-3 en 6-4
Aryna Sabalenka klop Daria Kasatkina met 6-1 en 6-3
Qinwen Zheng klop Ons Jabeur met 6-2 en 6-4
Madison Keys klop Jessica Pegula met 6-1 en 6-3