Alcaraz, SA se Harris klim verder op ranglys

Suid-Afrika se Lloyd Harris vier sy oorwinning oor Denis Shapovalov van Kanada. (Foto: Al Bello/Getty Images/AFP)

Die voormalige wêreld-nommer-een Rafael Nadal is nou die sesde voorste speler ter wêreld terwyl die Spaanse tiener Carlos Alcaraz 17 plekke tot die 38ste posisie op die wêreldranglys opgeskuif het.

Nadal het nog nie weer ’n wedstryd gespeel sedert hy teen Novak Djokovic in die halfeindronde van die Franse Ope vasgeval het weens ’n voetbesering nie. Djokovic is steeds die wêreld se voorste speler na hy teen die tweede gekeurde Daniil Medvedev verloor het in Sondag se Amerikaanse Ope.

Emma Raducanu van Engeland wen die Amerikaanse Ope se vroue-enkelspeltitel in New York (11 September 2021) (Foto: Al Bello/Getty Images/AFP)

Suid-Afrika se Lloyd Harris het 15 plekke tot die 31ste posisie opgeskuif terwyl Botic van de Zandschulp 55 plekke tot die 62ste posisie opgeskuif het.

Op tennis se wêreldranglys vir vroue het die Amerikaanse Ope-kampioen Emma Raducanu 127 plekke tot die 23ste posisie opgeskuif. Raducanu was aan die begin van die jaar in die 345ste posisie, maar het vinnig begin opskuif nadat sy 21 van haar laaste 25 wedstryde gewen het.

ATP-ranglys vir mans:

  1. Novak Djokovic
  2. Daniil Medvedev
  3. Stefanos Tsitsipas
  4. Alexander Zverev
  5. Andrey Rublev
  6. Rafael Nadal
  7. Matteo Berrettini
  8. Dominic Thiem
  9. Roger Federer
  10. Casper Ruud

WTA-ranglys vir vroue:

  1. Ashleigh Barty
  2. Aryna Sabalenka
  3. Karolina Pliskova
  4. Elina Svitolina
  5. Naomi Osaka
  6. Sofia Kenin
  7. Barbora Krejcikova
  8. Iga Swiatek
  9. Garbiñe Muguruza
  10. Petra Kvitova

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.