Alcaraz wen Spaanse tweestryd op drafstap

Carlos Alcaraz is deur na die volgende ronde van die Miami-ope. (Foto: X/ATP Tour)

Carlos Alcaraz het skaars gesweet in sy wedstryd teen Roberto Carballes Baena in Miami. Die wêreld se naasbeste speler het die kragmeting met 6-2 en 6-1 gewen.

Teen dié tyd is tennisliefhebbers deeglik bewus van die jong Spanjaard se atletiese vermoëns op die baan en sy landgenoot moes omtrent bontstaan.

Een van Alcaraz se wennervoorhandhoue is teen ʼn spoed vinniger as 170 km/h gemeet.

Tog is hy die trotsste op sy aanpasbaarheid – hy het nie toegelaat dat die bedompige toestande sy spel beïnvloed nie.

“Ek het goed verdedig; die bal beweeeg hier ʼn bietjie anders as by die Indian Wells-toernooi en ek moes my spel daarby aanpas. Ek is baie tevrede met die wyse waarop ek die bal geslaan het,” het Alcaraz gesê.

Hy sal volgende teen Gael Monfils te staan kom nadat die akrobatiese Fransman vir Jordan Thompson met 6-7, 6-1 en 6-2 geklop het.

In die vroueafdeling is sterre soos Aryna Sabalenka en Ons Jabeur uitgeskakel, terwyl Elena Rybankina in drie stelle met Taylor Townsend klaargespeel het.

Uitslae:

Andy Murray klop Thomas Etcheverry met 7-6 en 6-3

Jannik Sinner klop Andrea Vavassori met 6-3 en 6-4

Denis Shapovalov klop Stefanos Tsitsipas met 6-2 en 6-4

Christopher O’Connell klop Frances Tiafoe met 7-5 en 7-6

Thiago Seyboth Wild klop Taylor Fritz met 6-3 en 6-4

Casper Ruud klop Luca van Assche met 7-6, 1-6 en 6-1

Daniil Medvedev klop Marton Fuscovics met 6-4 en 6-2

Gael Monfils klop Jordan Thompson met 6-7, 6-1 en 6-2

Carlos Alcaraz klop Roberto Carballes Baena met 6-2 en 6-1

Alexander Zverev klop Felix Auger-Aliassime met 6-2 en 6-4

Hubert Hurkacz klop Alexander Shevchenko met 6-4, 6-7 en 6-3

Anna Kalinskaya klop Jelena Ostapenko met 6-3 en 6-1

Katie Boulter klop Beatriz Haddad Maia met 6-2 en 6-3

Anhelina Kalinina klop Aryna Sabalenka met 6-4, 1-6 en 6-1

Elena Rybakina klop Taylor Townsend met 6-3, 6-7 en 6-4

Elina Avanesyan klop Ons Jabeur met 6-1, 4-6 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.