Alonso meen Hamilton vou onder druk

Lewis Hamilton. Foto: Maxim Shemetov/AFP.

Selfs vóór die aanvang van die Mexikaanse Grand Prix het Fernando Alonso gesê dat Lewis Hamilton sukkel om die ongekende druk te hanteer.

Die verdedigende wêreldkampioen is ná die gebeure in Mexikostad nou 19 punte agter Max Verstappen op die jaerspunteleer.

“Dink ek dat Lewis onder druk sal vou? Ja, beslis. Toe hy slegs teen Valtteri Bottas (Mercedes-spanmaat) vir die wêreldtitel moes baklei, was alles klopdisselboom. Nou voel hy egter die druk en by beland gereeld in die moeilikheid,” het Alonso gesê.

Die veteraanrenjaer meen dat die 36-jarige Brit dalk ook voorkeurbehandeling geniet wanneer wedrenbeamptes oortredings straf.

“Ek dink nie baie van ons het begrip vir Max se straf ná die ongeluk in Monza gehad nie. Dit was waarskynlik te danke aan sekeres wat hul stem dik gemaak het.”

Hamilton het ná Sondag se wedren in Mexiko ook na Bottas gekap omdat hy dinge makliker vir Verstappen op die baan gemaak het.

Hy het intussen sy kommentaar op sosiale media verdedig.

“Ons almal het slegte dae. Ek het gister gesê dat Valtteri die deur vir Red Bull oopgelos het en natuurlik sal mense dit dan kritiseer,” het Hamilton gesê.

Volgens die wêreldkampioen wen én verloor Mercedes saam as een span.

“Daar is nie een persoon wat verantwoordelik is vir wen of verloor nie; ons doen alles saam. Julle mag ons op die renbaan klop, maar julle kan nie ons moed breek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Smurf ·

Tyd dat iemand die “sir’ van die baan af ry…permanent.

Eclectus ·

Het onlangs ‘n baie kort dokumentêr gekyk oor die huidige span jaers, hulle kinderdae en hoe hulle deur die sport opgekom het. Lewis was ‘n bedorwe brok. Sy pa het alles vir hom gedoen en gesorg dat hy alles het, so hy het hoofsaaklik ‘n lewe van bevoorregting gehad en het dit nog steeds. Soos ‘n oorlede vriend altyd gesê het, dis maklik om te bollie as jou maag vol is. Sy arrogansie en “wokeness” maak hom algaande meer ongewild.

Racheltjie Debeer ·

Maar hy, bevoorregte Hamilton, skree die hardste vir die flippen BLM beweging.
Tweegesig jakkals, dis wat hy is. Wil almal laat glo dat hy kwansuis “hard”moes werk om te kom waar hy is.

MakersMark ·

Dis hoekom hy die blm kitaartjie slaan. Mees bevoorregtes is die grootste “victims”.

SlinkseKoljander ·

Hou niks van die mannetjie nie, windgat BLM houding.

Malan ·

Wil nou vir Bottas blameer. Elke keer as hy nie wen nie moet iemand blameer word. Hy moet aanvaar hy het sy moses teegekom met Verstappen. Hierdie jongman is bloot beter en dit kry hy reg sonder al die Hamilton voorregte wat hierdie engelsman al van kinderdae af geniet.

JohanR ·

Ek kyk maar net die punte maar nie enige wedren nie. Sal weer begin kyk waaneer Hamilton ge#Voertsak het!

Theo ·

Die skepseltjie dink hy is god gift.Dink almal moet voor hom buig soos wat Totto en die res van Merceded voor hom doen.As hy nie voor is nie kla ons oor alles.Arogante klein skepsel

Jakes ·

Hamilton moet besef dat BLM nie n wereld titel waarborg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.