As Roger speel, wil hy wen

Roger Federer. Foto: Twitter.

Roger Federer is nog op die herstelpad ná sy knieoperasie en hy sal na alle waarskynlikheid die Australiese Ope in Melbourne misloop.

Maar die 40-jarige Switserse tennislegende is nog net so honger soos altyd om toernooie te wen – selfs al speel die lyf nie meer so goed saam nie.

“Soos wat ek vir Roger ken, sal hy op sy beste wil wees en speel om te wen,” het Ivan Ljubicic (afrigter) gesê.

Volgens Ljubicic sal dit dom wees as Federer nou die herstelproses probeer afjaag.

“Ek dink nie sy deelname aan die Australiese Ope is ’n wesenlike doelwit nie. Hy sal egter dinge stap vir stap wil benader – hy is 40 jaar oud en hy moet geduldig wees.”

Federer het ook vroeër gesê dat hy deesdae sukkel om sy planne op die baan uit te voer.

“Ek moet ongetwyfeld harder in wedstryde werk. Ek het baie idees op die baan, maar ek kan nie altyd meer doen wat ek wil nie,” het hy ná sy Wimbledon-nederlaag teen Hubert Hurkacz gesê.

Intussen meen kenners ook dat sy gloriedae iets van die verlede kan wees.

“Dalk sien ons hom vir oulaas op Wimbledon, wie weet? As hy nie Grand Slam-titels kan wen nie, gaan hy waarskynlik nie terugkom nie,” het Greg Rusedski, ’n voormalige Britse no. 1-speler, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Richard

Ongelukkig moet die dag kom dat hy ophou, want dit is nou maar hoe die lewe is, maar dit sal nogtans hartseer wees as hy nie meer speel nie.

anniekiewiet

Ons sal nie omgee as hy verloor nie. Dit sal net lekker wees om hom weer te sien speel.