Atlete mik na nog medaljes by Afrikaspele

Argieffoto: Pixabay

Ná Zingi Chabungu se brons medalje in die driesprong-item, sal alle oë weer eens op Suid-Afrika se atlete by die Afrikaspele wees, met verskeie finale wat vir vandag geskeduleer is.

Die hoogtepunt sal waarskynlik die 100 m-eindstryd wees met Tebogo Mamahi, Thandolwenkosi Dlodlo en Chederick van Wyk wat sal poog om die Suid-Afrikaanse vlag dapper te laat wapper.

Julia du Plessis sal in aksie wees in haar hoogspring-finaal, terwyl Kyle Blignaut en Orazio Cremona in die gewigstoot-eindstryd te siene sal wees.

In ander velditems sal Chené Pretorius haar beste in die hamergooi-finaal gee.

Intussen het Suid-Afrika gemengde welslae op die pluimbalbaan gehad.

Ruan Snyman het 2 – 1 teen Nigerië se Habeeb Bello verloor, terwyl Megan de Beer 2 – 0 teen Dorcas Adesokan verloor het. Gelukkig het Johanita Scholtz haar wedstryd gewen, terwyl Suid-Afrika een dubbelspelwedstryd gewen het, en die ander een verloor het.

Chanel Simmonds het haar onoorwonne lopie op die tennisbaan voortgesit toe sy Nigerië se Barakat Quidre 6 – 2 en 6 – 2 gewen het.

Suid-Afrika is nog tweede op die medalje-punteleer. Egipte is eerste, terwyl Marokko in die derde plek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LHS ·

Pretoria middestad, een vraag, waarom word kriminele gelos om al daardie skade aan te rig. Is ons moniteringspan net daar om te staan en toekyk en nie n vinger te lig om dit te keer nie. Is dit waarvoor hulle salaris ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.