Atletiek: Luvo Manyonga spring goud los in China

Luvo Manyonga tydens ‘n vorige geleentheid (Foto: IAAF)

Die tweede van veertien Diamantliga-byeenkomste is Saterdagaand in Sjanghai aangebied. Daar was vier Suid-Afrikaners in aksie. Twee Suid-Afrikaanse vroue het die kollig tydens die eerste byeenkoms in Doha gesteel en splinternuwe SA rekords opgestel. In Sjanghai was dit egter Suid-Afrika se verspring-koning, Luvo Manyonga, wat die aandag getrek het.

Manyonga, wat die huidige wêreldkampioen is, het met goud in die verspring vir mans weggestap toe hy die beste afstand vir 2018 in die wêreld aangeteken het. Luvo het in die sesde ronde van die kompetisie ʼn afstand van 8,56 meter gespring om die goue medalje syne te maak. Yuhao Shi van China was tweede (8,43 m) en Henry Frayne derde (8,15 m).

Nie een van die ander drie Suid-Afrikaners kon ʼn medalje verower nie. Wenda Nel het die vierde plek in die 400 m-hekkies behaal met ʼn tyd van 55.63 sekondes. Die wenner was Amerika se Dalilah Muhammad (53.77)

In die spiesgooi vir vroue het Sunette Viljoen net-net die sestig meter-merk bereik met ʼn gooi van 60,79m. Dit het aan Sunette ʼn sesde plek besorg. In die 800 m vir mans het Rynhardt van Rensburg agtste oor die eindstreep gedraf in ʼn tyd van 1:46.57.

Die derde byeenkoms van die Diamantliga-reeks word oor twee weke in Oregon aangebied. Die reeks duur tot in Augustus.

Meer inligting klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.