Aussies wen Midmar Myl

Swemmers spring weg by die Midmar Myl wat vanjaar vir die 46ste keer aangebied is. Foto: Facebook via aQuellé Midmar Mile

Meer as 11 500 swemmers het die Midmar Myl wat vanjaar vir die 46ste keer naby Howick in KwaZulu-Natal aangebied is, aangedurf.

Dit was toe ’n paar Australiërs wat met die Midmar-louere weggestap het.

Nick Sloman se tyd van 17:01 het so byna gesorg dat die rekord van Suid-Afrika se Chad Ho (17:00) in die slag gebly het, terwyl Michael McGlyn (17:28) en Daniel Marais (17:29) die tweede en derde plekke losgeswem het.

In die vroue-afdeling het nóg ’n Aussie, Kareena Lee, met die goue medalje weggestap. Sy het in ’n tyd van 18:21 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Midmar swemmer ·

Ek wil net noem dat die ander artikel oor die Midmar Myl se ‘vinnige feite’ foutief is aangesien Oranje Meisieskool nie die skool is met die meeste Midmar inskrywings nie, maar Eunice Girls High in Bloemfontein. Dit kan bevestig word by die organiseerders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.