Bernie dink Lewis, Mercedes praat nonsens

Die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Bernie Ecclestone het Mercedes se klagtes ná die beslissende wedren in Abu Dhabi as nonsens afgemaak.

Die 91-jarige voormalige F1-baas meen ook dat Michael Masi (wedrendirekteur) nie gekruisig moet word vir sy aandeel in die dramatiese slottoneel van ’n opwindende F1-seisoen nie.

“As jy mooi daaroor dink is Hamilton nie gestraf toe hy in die eerste ronde van die baan af geswenk het en weer teruggekom het nie. Persoonlik glo ek dat hy nie so baie moet kla nie – sulke dinge gebeur maar in enige sport,” het Ecclestone in ’n onderhoud met Sky Sport gesê.

Mercedes het tot Donderdag kans om teen die wedrenbeamptes se beslissing te appelleer, maar Ecclestone het die motorvervaardiger aangeraai om dit nie te doen nie.

“Dit sal doodeenvoudig net lyk of hulle slegte verloorders is. Op die ou einde het twee renjaers mekaar die stryd aangesê en een was vinniger as die ander. Dit is sommer bog – dit het Mercedes vier uur geneem om te wroeg of hulle saak meriete het of nie.”

Volgens Ecclestone is hy bly dat Max Verstappen die nuwe wêreldkampioen is.

“Mense is net dankbaar om ’n ander wêreldkampioen te sien. Ek is terselfdertyd bly dat Michael (Schmacher) se rekord nie verbeter is nie.”

Dit is nie die eerste keer dat Ecclestone met Hamilton swaarde kruis nie.

Hy het vroeër vanjaar onder meer gesê dat die 36-jarige Britse renjaer swaarder gestraf moes gewees het vir sy aandeel in die Silverstone-botsing, terwyl hy ook aangevoer het dat die Black Lives Matter-beweging Hamilton vir sy eie gewin misbruik.

“Ek het al vir sy pa gesê dat Lewis mooi moet dink. Hy word deur mense misbruik wat BLM ondersteun en hulle maak lekker geld daardeur. Terselfdertyd weet niemand waarheen die einste geld gaan nie,” het Ecclestone destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elinette ·

Dit IS suur druiwe van Mercedes/Hamilton se kant. Hy MOES die 1ste plek afgestaan het aan Verstappen na die amperse-botsing in die 1ste draai, want Verstappen was op die binnebaan. Red Bull het eenvoudig net die virtuele veiligheidsmotors takties gebruik om die voorsprong wat Hamilton gehad het, te verminder. “If you snooze, you loose!!!”. Toemaar, 2022 is darem nog daar – kom ons kyk maar wat Hammie dan doen.

piet ·

Hy sou Verstappen in elk geval verbygesteek het tydens die resies, hy was BAIE vinniger. Hamilton het reeds gewys wat hy kan doen, al vir jare laat spat hy alle rekords. Kom ons kyk wat Verstappen nou kan doen, Hamilton nader die einde van sy loopbaan, niks meer om te bewys nie. Tydens ontplooiing van die “fisiese” veiligheidsmotor beweeg almal tot reg agter die voorloper (ongag die gaping voorheen). Daar is geen strategie daarby betrokke nie, dis hoe dit werk en die voorloper boet ALTYD die gaping wat hy voorgeloop het in . Genade, ‘n kar kan omtrent ‘n hele ronde agter wees en dan soos ‘n klein wonderwerk tot reg agter die voorloper beweeg pasella en dit sonder om eers op die baan daarvoor te veg. Een van die belaglikste reels in F1. Meeste karre bevind hulle ook op ‘n posisie op die baan waar hulle dadelik bande kan gaan omruil tydens die veiligheidsmotor en geen tyd verloor nie. Hamilton het nie daai luxury gehad nie.

Harry ·

Laat Verstappen die Merc ry en hamilton die Red Bull dan kyk ons wat gebeur, hy gaan nie naby Verstappen kom nie, hou nou op kerm!

piet ·

Red Bull was die vinnigste motor, Verstappen was dan in die eerste wegspringplek. Ek dink Hamilton sal vir Verstappen nog verder wegry as hy moet Red Bull ry.

piet ·

Hou op kerm dat Hamilton kwansuis die vinnigste kar het. Ek glo dit nie. Verstappen het eerste weggespring en sy spanmaat was ook vinniger as Hamilton se spanmaat.

Jakkie ·

Ja want Bottas het nie dieselfde kar as Hamilton nie en dit het Bottas self gesê. Ai nee man Piet.

Jakkie ·

Bottas het nie dieselfde kar as Hamilton nie en dit het Bottas self gesê.

Jakkie ·

Wedren is verby en Verstappen is wereld kampioen. Dankie tog!! As ek nog eenkeer Hamilton se “Change starts here” moet hoor sal ek braak. Sien dis wat gebeur as jy kniel vir die verkeerde redes! Verstappen kniel nie.

pompies ·

Piet wie se Hamilton het nie die “luxury” gehad om bande te ruil onder die veiligheidsmotor nie. Merc het bande geruil onder die virtuele veiligheidsmotor, kry jou storie reg ou perd. Merc is net suur omdat hulle nie aanspraak op 8 bestuurder wereld kampioene kan maak nie.

Racheltjie Debeer ·

Ek stem 100% saam met Bernie. Hamilton is net ‘n swak verloorder wat nou soos ‘n stout kind wil tantrum oor hy nie gewen het nie.

Racheltjie Debeer ·

Hamilton, en Mercedes, is swak verloorders! Word asb groot Sir Lewis en aanvaar dat Max beter was as jy.

Jaco ·

Mercedes julle moes ook nuwe bande op gesit het dan het julle dalk gewen. Hou nou maar ophuil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.