Bernie glo kniebuigery is bloot ’n modegier

Bernie Ecclestone. Foto: Twitter.

In ’n onderhoud met Britse media het Bernie Ecclestone weer eens sy mond oor die Black Lives Matter-beweging uitgespoel.

Die 90-jarige voormalige F1-baas meen dat die beweging bloot ’n rookskerm is en, benewens om die knie vóór ’n wedstryd of wedren te buig, word daar nie veel gedoen om gelykheid te bevorder nie.

“Kyk net na deesdae se sokkerwedstryde; om die knie te buig het bloot ’n modegier geword sodat dit lyk asof daar iets gedoen word. Maar gebeur daar dan enigiets verder?” het Ecclestone gevra.

Hy het egter Lewis Hamilton vir sy pogings om gelykheid in die F1 te bevorder geloof, maar het terselfdertyd ook die wêreldkampioen gewaarsku.

“Ek het al vir sy pa gesê dat Lewis mooi moet dink. Hy word deur mense misbruik wat BLM ondersteun en hulle maak lekker geld daardeur. Terselfdertyd weet niemand waarheen die einste geld gaan nie.”

Ecclestone is al vantevore deur Hamilton gekritiseer omdat hy in ’n onderhoud aangevoer het dat swart mense soms groter rassiste as wit mense is en dat hy nie die kniebuigery vóór wedrenne sou toelaat nie.

Lewis Hamilton. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

“Dit is hartseer en teleurstellend om sulke kommentaar te lees. Maar dit is presies wat fout is; onkundige kommentaar wat net wys hoe lank die pad is wat ons nog as samelewing moet stap voordat ware gelykheid in werking kan tree,” het Hamilton destyds daarop gesê.

Die 36-jarige Mercedes-renjaer kry deesdae die wind van voor en hy is ’n hele paar punte agter Max Verstappen op die kampioenskappunteleer.

Hy is egter oorgehaal om Verstappen in te haal en het uitstekend in die kwalifiserende ronde van die Britse Grand Prix gery. Tog glo Ecclestone dat hy van sy woema verloor het.

“Dalk is Lewis ook nie meer die vegter van ouds nie. Daar was baie wedrenne waarin hy beter kon gevaar het, maar hy het nie.

“’n Mens moet ook onthou dat hy in die afgelope paar jaar geen kompetisie gehad het nie. Sy renmotor was uitstekend en dit was nie eintlik vir hom nodig om veel moeite te doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanja ·

Met die grysheid kom wysheid en ek stem saam met Ecclestone

Stephen ·

The BLM issue forced me to stop watching sport and news, (and TV for that matter) altogether. Sick and tired of politics in sport and fake news from the mainstream Media. Packed my TV away a while back. I reinvented my life and spend my leisure time on research and reading. Should have done it a long time ago.
My blood pressure is back to normal:)

Keelvol ·

Ecclestone is reg om te sê dat swartes nou groter rassiste geword het. Hamilton moes nou in Suid- Afrika gewees het met die plundertogte. Het black lives toe saak gemaak? Nee, want dit het alles oor gierigheid gegaan. Daar gaan van die besighede hulle deur moet toe maak. En die gevolg is swart mense wat daar gewerk het sit sonder salaris deur die toedoen van hulle eie mense.

Anel ·

Kom bietjie Natal toe dan sien jy wat doen BLM. Ondersteun lankal nie meer enige sport nie.

MakersMark ·

Net nog ‘n uitdrukking van ‘n massiewe kollektiewe minderwaardigheid kompleks. Vandaar die slagoffer mentaliteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.