Binder-boeties ‘stadig’ in voorseisoen-toetse

Darryn Binder in aksie (Foto: Ahmad Fadali/AFP)

Die MotoGP-seisoen begin eers amptelik op 6 Maart in Katar, maar die motorfietsblitse is reeds besig met spoedtoetse.

Vandag was die tweede en laaste dag van toetse op die Sepang-baan in Maleisië.

Die Suid-Afrikaner Brad Binder op sy KTM was 0.885 sekondes stadiger as die vinnigste man oor die twee dae, die Italianer Enea Bastianini op sy Ducati. Daarmee kon Binder slegs die 18de vinnigste tyd opstel. Sy broer, Darryn, op ʼn Yamaha was 1.726 sekondes stadiger as Bastianini.

Daar was net 0.3 sekondes tussen Bastianini en die tiende vinnigste man, Pol Espargaro op sy Honda. Sy broer, Aleix, op ʼn Aprilia was tweede vinnigste, net 0.026 sekondes stadiger as Bastianini.

Die res van die toptien was Jorge Martin (Ducati), Alex Rins (Suzuki), Maverick Vinales (Aprilia), Francesco Bagnaia (Ducati), Fabio Quartararo (Yamaha), Marc Marquez (Honda) en Johann Zarco (Ducati).

Die spoedvrate skuif nou Indonesië toe vir spoedtoetse op die nuwe baan op die vakansie-eiland Lombok. Die toetse duur drie dae en begin Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.