Binder-broers eindig albei vyfde in gedempte atmosfeer

Renjaers tydens Sondag se Italiaanse Grand Prix op die Mugello-baan. (Foto: Tiziana FABI / AFP)

Die glans van Sondagmiddag se Italiaanse Grand Prix vir motorfietse op die Mugello-baan het erg verdof toe die wêreld se voorste motorfietsjaers kort voor die ren in kennis gestel is dat een van hul mede-jaers, die 19-jarige Jason Dupasquier, kort voor die ren in ʼn hospitaal oorlede is.

Dupasquier was Saterdagmiddag aan die einde van Moto3-kwalifisering in ʼn ernstige ongeluk betrokke.

Dupasquier is vir langer as ʼn halfuur langs die baan behandel voordat hy met ʼn mediese helikopter na ʼn hospitaal in Florence vervoer is waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het.

Die MotoGP-jaers het kort voor die wegspring twee minute van stilte gehandhaaf ter ere van Dupasquier.

Renjaers handhaaf twee minute van stilte ter ere van Jason Dupasquier. (Foto: Tiziana FABI / AFP)

Die Grand Prix is deur die Fransman Fabio Quartararo (Yamaha) gewen met Miguel Oliveira (KTM) tweede en Joan Mir (Suzuki) derde.

Suid-Afrika se Brad Binder, wat sesde weggespring het, het geen kanse gewaag nie en het tot vyfde opgeskuif en daar geëindig nadat eers Francesco Bagnaia en toe Alex Rins, wat albei voor hom was, geval het.

Binder is 11de op die kampioenskap-puntelys.

* In Moto3 was Dennis Foggia (Honda) eerste, gevolg deur Jaume Masia (KTM) en Gabriel Rodriquez (Honda) derde.

Darryn Binder (Honda) het net soos ouboet Brad vyfde geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

RIP Jason Dupasquier.
Dink ook asb aan Ayumu Sasaki, die ryer wat hom getref het. Ek dink sy lewe is ook aan skerwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.