Blitsberig: Gort is gaar ná Hamilton en Verstappen bots

Max Verstappen se renmotor ná die ongeluk. Foto: Twitter.

Die tweestryd tussen Max Verstappen en Lewis Hamilton het lelik geraak toe die twee renjaers se motors vroeg in die Britse Grand Prix gebots het.

Verstappen en Hamilton het swaarde om ’n draai gekruis en die Mercedes-renjaer se motor het sy Red Bull-teenstander se agterband getref.

Die blitsige Red Bull-motor het teen amper 290 km/h getol en teen ’n versperring gebots. Hamilton se motor is beskadig, maar hy kon verder ry.

Kort daarna het die wedrenbeamptes die wedren gestop en ’n ontstoke Christian Horner (Red Bull-baas) het hul ore behoorlik laat tuit.

“Dit was Max se draai en dit was ongetwyfeld Lewis se skuld,” het Horner gesê. Terselfdertyd het Hamilton weer aangevoer dat dit sy draai was.

Mercedes is tans onder geweldige druk nadat Red Bull die afgelope vyf wedrenne gewen het.

“Nou ervaar Mercedes en Lewis eerstehands wat Red Bull en Max al die jare moes deurmaak. Hulle moet nou bontstaan om aan almal te verduidelik waarom hulle nie gewen het nie en dit sorg vir baie meer druk,” het die oudrenjaer vroeër Jan Lammers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vonkprop ·

Hamilton het groter as die sport geword en weier om die knie te buig behalwe vir BLM. Hamilton moet nou begin vrede maak dat hy nie meer die beste is nie en dat hy nou letterlik moet plek maak vir ander.

koos10 ·

Vonkprop, maar nogsteeds het hy die ren gewen, met 10 sekondes straf. Hy is die wêreld se beste op hierdie oomblik. As mens en sy doen en late, hou ek niks van hom nie, maar dat hy goed is, is die waarheid.

commontar ·

So as Lloyd Harris almal wat huidiglik bo hom op die ranking fisies beseer sodat hulle nie kan meedeel en speel nie is hy die beste in die wêreld volgens jou logika?

koos10 ·

commontar, ek glo nie MY logika is hier die probleem nie. Max is voor Lewis in die kampioenskap. Lewis kon sy eie ren ook verwoes as dit met opset gedoen was. Nee wat, tennis is nie motorsport nie.

MakersMark ·

Help ook nie om soos ‘n SA taxi drywer te ry nie……

Harley Davidson ·

Hamilton moes gediskwalifiseer word word wat ‘n grap nou word die kniebuiger beskerm.

Elinette ·

Soos ek dit sien, was Verstappen op die binnekant van die baan en het Hamilton voor hom ingesny. LH moet na my mening gepenaliseer word met 5 sekondes op die wegspring by die volgende ren.

koos10 ·

Elinette, die kar aan die binne kant is die een die naaste aan die hoek (“apex”). Dis waar Hamilton se kar was. Max het ingesny en Hamilton het die “apex” gemis.
Hy is gestraf en kan nie weer ‘n straf kry nie.
FYI, daar is geen 5 sekondes straf by ‘n wegspring van ‘n ren nie.

pompies ·

Die sir word deur fia beskerm dat hy tog net nie iets moet prys gee nie. Die blm prins mag dan ander ren jaers van die baan af ry en dit maak nie saak nie. Hy is n arrogante mannetjie.

koos10 ·

Ek gaan seker nou ‘n debat ontlok soos min. Het julle geweet dat motor renne gevaarlik is en dat jy weet wat die risiko is as jy daaraan deelneem. Ek het al baie kere gesê dat ek ‘n Merc ondersteuner is maar nie ‘n Hamilton ondersteuner is nie.
Nou, die reëls bepaal dat die as motor wat in die binne kant van die draai is, se voorste as verby die middel van die motor wat aan die buite kant is, die draai “besit”. Dis baie tegnies, maar ek dink dit was ‘n “racing incident”. Die beamptes het wel gedink dat Hamilton wel bietjie skuld daaraan het en daarom het hulle hom met 10 sekondes gestraf.
Ek dink beide het skuld daaraan, en ongelukkig het Max die slegste daarvan afgekom. Die twee het baie agresief gejaag en nog voor die “botsing” (wat niks ander was as bande wat gestamp het nie, en in elke wedren gebeur) het ek gedink dat hulle mekaar gaan uithaal.
Die ware woorde van “to finish a race first, you need finch first” het nie deur hulle koppe gegaan nie.
Dis motorsport.

Vonkprop ·

koos10 wat jy noem is waar en diep binne my voel ek ook dat altwee tot ‘n mate skuldig was. Onthou, ons kyk replays en stadige aksie skote en dan wys ons almal vinger en sê kyk kyk sien jy daar! Daardie ouens het sekondes om te kyk, dink en aksie te vat teen amper 300km/h, MAAR daar is ‘n ding genoemd Sportsmanship en Showmanship. Sportsmanship gaan oor die sport en Showmanship gaan oor jouself. Ek voel Hamilton kon in daardie oomblik sportsmanship gewys het en Verstappen verby laat kom het, want as Hamilton so goed is sou dit geen probleem gewees het om hom sekondes later verby te vat nie. Nou gaan dit vir Hamilton oor showmanship en omdat hy die laaste vier renne verloor het wou hy hom self weer ten alle koste bewys het.

koos10 ·

Vonkprop. Dankie vir jou kommentaar. Jy is duidelik iemand wat die sport ken en waardeer, en konstrutiewe kommentaar lewer. Wat jy sê is 100% waar en kon ook deur Max toegepas word. Ja na 5 neerlae moes Lewis, as die meer ervare bestuurder, die betere gewees het. Maar dis nie hoe hulle dink nie. Die is twee baie harde koppe en dit is maar net die begin van wat nog gaan kom. Dink Schumacher/Hakkinen, Senna/Prost, ens.

Vonkprop ·

Ek voel net altyd om objektief oor iets te wees. Jy het regtig goeie punte gestel en dit kom van kennis af en nie net om kommentaar te lewer omdat jy kan nie. Jy is reg, Schumacher wou sommer daardie tyd vir Hakkinen bykom so hierdie kompetisies kom al vir jare. Ek is net bly ons het darem nou weer iets om na te kyk, want hierdie Hamilton dominansie het eentonig geraak. En ja hy het hope talent en is ‘n uitstekende renjaer, maar sy kop is nie meer 100% by F1 nie. Sy sukses het hom in ‘n mate traak-my-nie agtig/arrogant gemaak en nou het Verstappen hom weer bietjie wakker geskud, maar daar is nog spanne wat golwe maak nie net Red Bull nie. Ek dink vanaf volgende jaar gaan dinge baie baie interesant raak. Oor die straf van Hamilton dink ek ons kan agree to disagree. Daar is 100 opinies daar buite.

koos10 ·

Ek wonder wat die invloed van die nuwe karre en nuwe reëls gaan wees. Dit sit die spanne so ‘n bietjie weer gelyk, en dan trek die ingeneurs weer los en dan, soos die jare vorder gaan een of twee spanne ver vooruit en die res moet volg. My droom span is Norris en Leclerc in die Mercs. Twee baie talentvolle bestuurders in die beste kar? En hulle salarisse saam is nie eers die helfde van Hamilton nie! En gaan Honda in of uit wees vir 2021? Indien uit, gaan RB hulle eie enjins bou of gaan hulle koop? Maar nou ja daar is nog 11 renne die jaar oor en ek dink werklik dat LH weer gaan wen, maar nie weer baie maklik nie. Ek kry ook vir Bottas jammer. “Always the bridesmaid, never the bride!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.