Borge onttrek ná klag teen sokkerster

Manchester United se Mason Greenwood. Foto: Paul Ellis/AFP.

Deur Riaan Hofmeyr.

Mason Greenwood (20), die jong ster van die gewilde Manchester United-sokkerspan in Engeland, is verlede week op borgtog vrygelaat ná dae se ondervraging deur die polisie.

Klagte van aanranding en verkragting is deur sy meisie, Harriet Robson, aanhangig gemaak. Sy het op 29 en 30 Januarie verskeie video’s, foto’s en klankgrepe op sosiale media gelaai wat glo moet bewys dat hy haar aangerand het.

Borge en ondersteuners het reeds hul ontevredenheid hieroor laat blyk.

Nike – Manchester United se hoofborg – het intussen sy vennootskap met Greenwood beëindig, terwyl ondersteuners selfs deur die sokkerklub terugbetaal word as hulle truie met sy naam daarop aangeskaf het.

“Mason Greenwood is nie meer ’n Nike-atleet nie,” het die Amerikaanse sportdragverskaffer in ’n verklaring gesê.

Greenwood word ook tydelik verbied om by die klub te oefen, terwyl Engeland se nasionale sokkerspan ook soortgelyke maatreëls getref het.

Greenwood verdien tans R1,5 miljoen per week en indien hy skuldig bevind sou word, sal alle kontrakte en borgskappe onmiddellik gestaak word. Hy word ook deur moontlike tronkstraf in die gesig gestaar.

Die atleet het in 2019 vir die eerste keer sy buiging vir Manchester United se senior span gemaak en het sedertdien 35 doele in 129 wedstryde vir die klub aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

en daai perd van West Ham wat sy katte so skop? Hoop die klub fire hom ook en borge onttrek.

SomeOne ·

en dit na duisende versoeke dat mishandeling teen vrou en kinders moet ophou, kry jy nog steeds die dom astrante onnosele so…. wat net aangaan.
kry vir julle as jul nie wil hoor nie

JohanCzu ·

Die betalings wat die narre (sogenaamde sportsterre) kry is absoluut belaglik,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.