Bottas, Hamilton ‘verbaas’ oor voorste plekke

Lewis Hamilton. (Foto: Ozan Kose/AFP)

Valtteri Bottas en Lewis Hamilton was aanvanklik 0,6 sekondes stadiger as Red Bull se motors, maar het hulself verbaas tydens kwalifisering en spring vanaand in die voorste twee plekke weg by die Grand Prix in Mexiko (21:00 Suid-Afrikaanse tyd).

Max Verstappen, die voorloper in die bestuurderskampioenskap, spring in die derde plek weg en die ander Red Bull-jaer, Sergio Perez, in die vierde plek. Elke punt in die kampioenskap is nou goud werd met net vyf wedrenne oor.

Bottas spring vir die 19de keer in die voorste plek weg. Dit verbeter die rekord van 18 keer deur René Arnoux as die bestuurder met die meeste voorste wegspringplekke sonder om die bestuurderskampioenskap te wen.

Toto Wolff, Mercedes se spanbaas, het gesê hulle kan dalk tydens die wedren vir Bottas opdrag gee om Hamilton te laat verbygaan sodat hy die puntegaping (12) tussen hom en Verstappen kleiner kan maak. Die span sal dit eers met Bottas en Hamilton bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.