Cape Epic se tweede skof verkort weens hitte

Manuel Fumic en Jaroslav Kulhavy tydens Dinsdag se tweede skof (Foto: Shaun Roy/Cape Epic/SPORTZPICS)

Manuel Fumic en Jaroslav Kulhavy tydens Dinsdag se tweede skof (Foto: Shaun Roy/Cape Epic/SPORTZPICS)

Op ʼn ietwat ongewone dag het Christoph Sauser, ʼn man wat reeds vyf keer kampioen was, en sy spanmaat Jaroslav Kulhavy, Dinsdag die veranderde tweede skof in vanjaar se Cape Epic gewen.

Dit was  ongewoon omdat die skof van Hermanus na Elandskloof voor die aanvang verkort is weens die verwagte hoë temperatuur van 40 grade later in die oggend; en omdat die wenners van die proloog en die eerste skof, Manuel Fumic en Henrique Avancini, ondanks hulle derde plek Dinsdag, steeds die algehele voorlopers is.

Sauser-hulle het die tweede skof oor 62km in 2:33:16 gewen.

Die skof is van 102km tot 62 km verminder en die klimhoogte was uiteindelik sowat 1 500 m pleks van die oorspronklike 2 350 m, met die skof wat eindelik van Hermanus na Caledon plaasgevind het.

Daar was op die eerste twee dae met die proloog en in Maandag se eerste skof ʼn hele aantal ryers weens hitteuitputting behandel is, en daar was by die organiseerders kommer dat die voorbepaalde afstand van 102 km Dinsdag vir die ryers gevaarlik kon wees.

Daar was ook ʼn bietjie opwinding toe Nico Schirter, wat by die Olimpiese Spele goud in die veldwedren gewen het, en sy spanmaat  Maattias Stirnemann Dinsdag vir Sauser-hulle in die naelrit wenpaal toe aangedurf het, maar hulle kon dit net-net nie maak nie.

Philip Buys en Matthys Beukes van die Pyga Steel-span was die voorste Suid-Afrikaanse span in die tweede skof en het sewende in 2:37:02 geëindig.

Jaroslav Kulhavy van Investec Songo Specialised ry oor die wenstreep.in die tweede skof (Foto: Shaun Roy/Cape Epic/SPORTZPICS)

Jaroslav Kulhavy van Investec Songo Specialised ry oor die wenstreep.in die tweede skof (Foto: Shaun Roy/Cape Epic/SPORTZPICS)

Fumic en Avancini sal Woensdag se derde skof met ’n voorsprong van 2 minute 39 sekondes begin.

♦  In die vroue-afdeling het Esther Süss en Jennie Stenerhag (Meerendal CBC) was in 3:05:51, net ses sekondes voor die Suid-Afrikaner Robyn de Groot en die Duitser Sabine Spitz van die Ascendis Health-span, wat egter algeheel nou feitlik nege minute agter die voorlopers is.

Die derde skof Woensdag begin en eindig by Elandskloof (net buite Greyton) en word oor 78 km beslis met ʼn klim van sowat 1 650 m.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.