Carlos en Novak begin op wennoot

Carlos Alcaraz het sy eerste wedstryd van die Franse Ope op ’n drafstap gewen. (Foto: Twitter/ATPTour)

Carlos Alcaraz en Novak Djokovic het die eerste tree na hul moontlike halfeindstrydontmoeting gegee nadat al twee spelers hul openingswedstryde in die Franse Ope gewen het.

Alcaraz het glad nie tyd gemors nie en hy het Flavio Cobolli op ʼn drafstap met 6-0, 6-2 en 7-5 oorrompel.

Die 20-jarige Spanjaard is die jongste topgekeurde speler sedert ʼn 19-jarige Bjorn Borg in 1976 sy raket op Roland-Garros geswaai het.

“Dit is wonderlik om hier te speel. Dit was my eerste keer op die Suzanne Lenglen-baan en ek het dit baie geniet. Die toeskouers het lekker saamgesels en ek is trots op my ingesteldheid,” het Alcaraz gesê.

Op sy beurt was Djokovic op sy baasspelerige beste toe hy die VSA se Aleksandar Kovacevic met 6-3, 6-2 en 7-6 uitgeskakel het.

“Ek het vir twee stelle goeie tennis opgedis en toe een van my afslaanpotte in die derde stel verloor. Gelukkig het ek kopgehou om staande in die valbylstryd te bly. In die geheel is ek baie tevrede met my spel, al weet ek dat ek beter kan doen,” het die Serwiër gesê.

Uitslae:

Jannik Sinner klop Alexandre Muller met 6-1, 6-4 en 6-1

Frances Tiafoe klop Filip Krajinovic met 6-3, 6-4 en 6-2

Carlos Alcaraz klop Flavio Cobolli met 6-0, 6-2 en 7-5

Pedro Cachin klop Dominic Thiem met 6-3, 6-2, 6-7, 4-6 en 6-2

Novak Djokovic klop Aleksandar Kovacevic met 6-3, 6-2 en 7-6

Stan Wawrinka klop Albert Ramos-Vinolas met 7-6, 6-4, 7-6, 1-6 en 6-4

Cameron Norrie klop Benoit Paire met 7-5, 4-6, 3-6, 6-1 en 6-4

Alex de Minaur klop Ilya Ivashka met 6-1, 5-7, 6-1 en 6-3

Jelena Ostapenko klop Tereza Martincova met 6-3 en 7-5

Elisabetta Cocciaretto klop Petra Kvitova met 6-3 en 6-4

Anna Karolina Schmiedlova klop Veronika Kudermetova met 6-3 en 6-1

Beatriz Hadad Maia klop Tatjana Maria met 6-0 en 6-1

Caroline Garcia klop Wang Xiyu met 7-6, 4-6 en 6-4

Sloane Stephens klop Karolina Pliskova met 6-0 en 6-4

Madison Keys klop Kaia Kanepi met 6-1, 3-6 en 6-1.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.