Carlos leer uit sy eerstestelfoute

Carlos Alcaraz laat waai in Kalifornië. (Foto: X/Indian Wells)

Carlos Alcaraz het weliswaar die eerste stel teen Italië se Matteo Arnaldi verloor, maar hy het uiteindelik die wedstryd met 6-7, 6-0 en 6-1 beklink.

Hy sal in die volgende ronde van die Indian Wells-toernooi teen Kanada se Felix Auger-Aliassime speel.

“Ek moes ʼn paar veranderinge maak – ek het immers foute in die openingstel begaan. Ek het beslis meer aandag aan my afslaanwerk in die daaropvolgende stelle gegee en dit was uiteindelik ʼn deurslaggewende besluit,” het Alcaraz gesê.

Volgens die verdedigende kampioen was hy tevrede met sy ritme in die laaste twee stelle. Beslis ʼn tree in die regte rigting – veral wanneer ʼn mens in ag neem dat hy sy enkel in Rio de Janeiro seergemaak het.

“Ek het goed gevoel en op die baan beweeg sonder om veel daaroor te dink. Dit was ʼn goeie wedstryd om te besef dat ek sterker is as wat ek aanvanklik gedink het.”

In die vroueafdeling het Iga Swiatek op ʼn drafstap met Danielle Collins afgereken. Die eindtelling was 6-3 en 6-0 in die Pool se guns.

Uitslae:

Madison Keys klop Hailey Baptiste met 6-4, 4-6 en 7-6

Katie Volynets klop Ons Jabeur met 6-4 en 6-4

Beatriz Haddad Maia klop Rebecca Sramkova met 7-5 en 6-2

Jasmine Paolini klop Tatjana Maria met 6-3 en 6-3

Caroline Wozniacki klop Donna Vekic met 7-6 en 6-3

Iga Swiatek klop Danielle Collins met 6-3 en 6-0

Angelique Kerber klop Jelena Ostapenko met 5-7, 6-3 en 6-3

Marketa Vondrousova klop Bernarda Pera met 6-0 en 6-2

Andrey Rublev klop Andy Murray met 7-6 en 6-1

Alexander Zverev klop Christopher O’Connell met 6-4 en 6-4

Felix Auger-Aliassime klop Constant Lestienne met 6-4 en 6-1

Jannik Sinner klop Thanasi Kokkinakis met 6-3 en 6-0

Alex de Minaur klop Taro Daniel met 6-1 en 6-2

Milos Raonic klop Sumit Nagal met 6-3 en 6-3

Frances Tiafoe klop Dusan Lajovic met 6-3 en 6-3

Carlos Alcaraz klop Matteo Arnaldi met 6-7, 6-0 en 6-1

Ben Shelton klop Jakub Mensik met 4-6, 6-3 en 6-4

Stefanos Tsitsipas klop Lucas Pouille met 6-3 en 6-2

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.