Caster lyk onstuitbaar op pad na nog ʼn SA goue

ʼn Mens moenie dinge vooruit loop nie, maar die wyse waarop Caster Semenya haar semi-finaal in die 800 m Vrydagaand in Londen gewen het laat dit lyk of Suid-Afrika sy derde goud by die Wêreldkampioenskapstoernooi maar kan by tel.

Soos altyd het Semenya in die bondel gehardloop, maar sowat 150 m van die wenpaaf af het sy effens voet neergesit en sonder inspanning vir die vinnigste tyd tot dusver in die nommer gesorg.

Daar is egter nog drie atlete wat haar in die eerste semi-finaal gedruk het – en  soos gesê, moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar word dat sy  Sondag (22:10) gou sal wen nie.

Gena Lofstrand sal heelwat kragwerk moet doen as sy suksesvol op die vlak wil meeding. Sy het met 2:03:67 die stadigste tyd in die drie semi-finale aangeteken.

Die vaart is daar, maar …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.