Chad vyfde in sy uitdunronde

Chad le Clos probeer om vir Kristof Mikal te tem. Foto: Odd Andersen/AFP.

Chad le Clos het vyfde in sy uitdunronde geëindig, maar hy het net-net genoeg gedoen om vir die halfeindronde van die 200 m-vlinderslagitem te kwalifiseer.

Die 29-jarige Suid-Afrikaner het goed weggespring, maar hy moes magteloos toekyk hoe Kristof Milak na ’n hoër rat oorskakel.

Die Hongaar het die uitdunronde met ’n blitsige tyd van 1:53:58 min gewen, terwyl Le Clos tevrede met sy poging van 1:55:96 min moes wees.

Le Clos, wat in die Londen-spele vir die vlieënde Michael Phelps in die einste item getem het, sal sy sokkies in die halfeindronde moet optrek. Die stadigste kwalifiserende tyd tussen die 16 swemmers wat vir dié ronde gekwalifiseer het, is agter sy naam.

Milak lyk haas onstuitbaar en Le Clos het al vantevore die 21-jarige Hongaarse blits geloof.

“Kristof is tans eintlik net in ’n ander liga. Hy is net deksels vinniger as die res van ons,” het die Suid-Afrikaner in 2019 gesê toe Milak die legendariese Phelps se wêreldrekord verbeter het.

Nóg ’n plaaslike swemmer, Ethan du Preez, was agtste in dieselfde ronde met sy tyd van 1:58:50 min.

Uitslae van die uitdunronde:

  1. Kristof Milak 1:53:58 min
  2. Leonardo de Deus 1:54:83 min
  3. Honda Tomoru 1:55:10 min
  4. Krzytstof Chmielewski 1:55:77 min
  5. Chad le Clos 1:55:96 min
  6. David Thomasberger 1:56:04 min
  7. Matthew Temple 1:56:25 min
  8. Ethan du Preez 1:58:50 min

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

Hy gaan nie die finaal haal nie. Chad is ongelukkig oor die muur, kan nie meer met die jonger manne saamgesels nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.