Clarkson vuur nóg ’n salvo in Hamilton se rigting

Jeremy Clarkson. Foto: Leon Neal/AFP.

Jeremy Clarkson, die Britse televisiester en voormalige aanbieder van Top Gear, het weer sy mond oor Lewis Hamilton uitgespoel.

Die Mercedes-renjaer was in ’n titaniese stryd met Fernando Alonso in Boedapest gewikkel en die 40-jarige Spanjaard het sy posisie op die renbaan uitstekend verdedig. Hierdie kat-en-muis-speletjie het tyd en krag vermors en die Brit moes uiteindelik met ’n aanvanklike derde plek tevrede wees.

“Lewis Hamilton verdien ’n goeie pak slae. Hy was tydens die Hongaarse Grand Prix gereeld op die radio om te kla dat Alonso kroek; iets wat hy beslis nie gedoen het nie,” het Clarkson in die Britse pers geskryf.

Dan het die verdedigende wêreldkampioen aansienlik moeër as Esteban Ocon en Sebastian Vettel op die podium gelyk en hy het later gesê dat sy stryd met die nagevolge van Covid-19 nog lank nie verby is nie.

“Dinge het maar ’n bietjie vaag vir my op die podium gevoel. Ek sukkel al heel jaar met my gesondheid na wat verlede jaar gebeur het,” het Hamilton gesê.

Nodeloos om te sê, Clarkson het glad nie daarvan gehou nie.

“Vir my is dit maar net ’n ander manier om te sê: ‘Ignoreer asseblief vir Esteban Ocon, die groentjie wat my sopas geklop het. Ek is die ware held en moet dit nie vergeet nie’.

“Ek is jammer Lewis, maar as jy só optree is jy allesbehalwe ’n held. O ja, en betaal jou belasting,” het Clarkson afgesluit.

Lewis Hamilton is weer die voorloper op die jaerspunteleer. Foto: Ozan Kose/AFP.

Hamilton, wat in Monaco woon, se belastingsake was al in die verlede onder die loep. Sy persoonlike rykdom is na raming £250 miljoen (R5,1 miljard) en sommige Britte was krities oor die belastingstatus wat hy in dié Europese land geniet.

The Sun het egter verlede jaar berig dat die Mercedes-renjaer een van die 5 000 top-belastingbetalers in die Verenigde Koninkryk is, terwyl die Daily Mail bevestig het dat ’n regeringskomitee Hamilton se belastingsake die groen lig gegee het.

Op sy beurt het Hamilton ook al na sy kritici gekap.

“Ek is reg oor die wêreld in aksie en verdien my geld in 20 verskillende lande. Ek betaal belasting op verskillende plekke, maar ook in Brittanje,” het hy gesê.

“Ek betaal my belasting en dra by tot die land se ekonomie. Daarbenewens help ek ook dat ’n span van meer as ’n duisend mense ’n werk het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack Russ1

Lekker, hy kan nie vat om te verloor nie

Annakapat

… En Jeremy is ‘n has been…

koos10

Komende van die ou wat gesuip sy “producer” wou boks omdat hy ‘n steak wou gehad het.
“Kettle call the pot black?”

“Jeremy, some words of advice, please keep on doing what you are doing, because your good at that. There is more than enough people to give LH their piece of their minds.”

DANNY

Kom nou manne Lewis is n kermgat wat altyd n verskoning soek as hy verloor