CrossFit is vir enigeen

Marlien Els. Foto: Verskaf.

Vergeet vir eers van superster-atlete soos Rich Froning, Sara Sigmundsdottir, Mat Fraser, Tia-Clair Toomey en Suid-Afrika se eie Jason Smith. Hulle is net gewoon in ’n ander klas.

Daar is egter steeds ander CrossFitters wat daagliks oefen, dit geniet en nogal heel goed met dié sportsoort is.

Marlien Els is só ’n atleet.

Sy het ongeveer twee en ’n half jaar gelede haar eerste CrossFit-klas bygewoon en deesdae kan sy 180 kg van die grond optel en 103 kg bokant haar kop lig. Greg Glassman, CrossFit se stigter, sal waarskynlik heel in sy noppies met dié vertoning wees.

“CrossFit kan enige persoon se fiksheid verbeter. Dan sorg dit definitief vir ’n beter selfbeeld en die CrossFit-gemeenskap is ’n lekker groep mense wat sommer jou gemoed ophelder – dit sorg dat jy beslis harder wil oefen,” het sy aan Maroela Media gesê.

Terwyl talle CrossFitters reg oor die wêreld droom om eendag aan die Spele in die VSA deel te neem, koester Els glad nie sulke drome nie.

“Hoewel dit goed is om doelwitte vir jouself te stel, gaan dit vir my eerder om daagliks beter as die vorige dag te presteer. Dit is die lekkerste gevoel as mens ’n sekere beweging bemeester of ’n gewig kan optel waarmee jy aanvanklik gesukkel het.”

Patrick Vellner. Foto: Twitter.

Sy oefen twee keer per dag vir vyf dae van die week by Grip & Rip CrossFit.

“Die belangrikste les wat CrossFit my geleer het, is dat ʼn mens tot enigiets in staat is – jy moet jouself net druk. Terselfdertyd moet ʼn mens nederig bly en net geniet wat jy doen.”

Maar wat doen ʼn mens wanneer jy moeg word tydens die klas of kompetisie?

“Ek sorg net dat ek aanhou oefen, maak nie saak hoe stadig ek dan die repetisies doen nie. Dit is hier waar ’n sterk wilskrag nogal goed te pas kom.”

  • Die wêreldwye CrossFit Ope het onlangs tot ’n einde gekom en Patrick Vellner en Sigmundsdottir is onderskeidelik die voorste man en vrou.

Top-10 mans:

  1. Patrick Vellner (Kanada)
  2. Mat Fraser (VSA)
  3. Lefteris Theofanidis (Griekeland)
  4. Bjorg Gudmundsson (Ysland)
  5. Jefrey Adler (Kanada)
  6. Noah Olsen (VSA)
  7. Bayden Brown (Australië)
  8. Jean-Simon Ray-Lemaire (Kanada)
  9. Tyler Christophel (VSA)
  10. Roman Khrennikov (Rusland)

Top-10 vroue:

  1. Sara Sigmundsdottir (Ysland)
  2. Annie Thorisdottir (Ysland)
  3. Kristin Holte (Noorweë)
  4. Tia-Clair Toomey (Australië)
  5. Jamie Greene (Nieu-Seeland)
  6. Kari Pearce (VSA)
  7. Emma McQuaid (Ierland)
  8. Carol-Ann Reason-Thibault (Kanada)
  9. Karin Freyova (Slowakye)
  10. Lauren Horvath (Hongarye)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HAB ·

Crossfit is een van die beste maniere om ‘n beter jy van jouself te maak.
En om’ n liefde vir gereelde oefening te kweek.

Jammer die crossfit boxes moet so duur wees want tans is dit nie toeganklik vir almal nie.

Maar, een van die beste opsies vir oefen en fiks word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.