CrossFit Ope maak almal weer moeg

Ysland se Sara Sigmundsdottir. Foto: Facebook.

Die laaste sweetdruppels van die 2019-CrossFit Spele is skaars afgeskud, of dit is tyd vir die wêreldwye ope!

Jaarliks neem honderdduisende CrossFit-atlete aan dié internasionale kompetisie deel en die doelwit is tweeledig van aard: Nie net kan jy vir die volgende Spele (as jy deksels goed is) kwalifiseer nie, maar jy kan ook jou eie fiksheid saam met jou vriende toets.

Die kompetisie staan vanjaar as CrossFit Open 20.3 bekend.

Ná twee weke se oefening, is Griekeland se Lefteris Theofanidis die voorloper in die mansafdeling, terwyl die gewilde Sara Sigmundsdottir van Ysland die vrouekategorie lei.

Met die eerste twee weke wat baie op fiksheid (springtou en die gehate burpees) en gewigte-werk gefokus het, kan 20.3 dalk meer op gimnastiek konsentreer.

Die CrossFit-ghoeroe, Dave Castro, het wel op sy Instagram-rekening laat weet dat hierdie week se oefensessie “gaan suig”.

  • Die oefeninge wat jy vir 20.3 moet doen, sal deur Noorweë se Kristin Holte en Nicolay Billaudel bekendgemaak word.
  • Mat Fraser, wat die Spele-kampioen is, is tans elfde in die Ope.
  • Die voorste internasionale atlete:

Mans:

  1. Lefteris Theofanidis (Griekeland)
  2. Bjorgvin Gudmundsson (Ysland)
  3. Giorgos Karavis (Griekeland)
  4. Patrick Vellner (Kanada)
  5. Josh Miller (VSA)
  6. Tyler Christophel (VSA)
  7. Jake Berman (VSA)
  8. Bayden Brown (Australië)
  9. Jean-Simon Roy-Lemaire (Kanada)
  10. Noah Olsen (VSA)

Vroue:

  1. Sara Sigmundsdottir (Ysland)
  2. Kristin Holte (Noorweë)
  3. Jamie Greene (Nieu-Seeland)
  4. Tia-Clair Toomey (Australië)
  5. Emma McQuaid (Ierland)
  6. Carol-Ann Reason-Thibault (Kanada)
  7. Emma Cory (VSA)
  8. Alanna Fisk (VSA)
  9. Annie Thorisdottir (Ysland)
  10. Marisa Flowers (VSA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Klink my die Skandenawiërs het niks om te doen, maar heeldag in die gimasium rond te oefen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.