CrossFitter moes sweet vir dié wêreldrekord

Nick Anapolsky moes omtrent só moeg gewees het ná sy suksesvolle wêreldrekord-poging. Foto: Instagram.

Wanneer ’n mens in ’n CrossFit-klas staan en jy hoor dat burpees op die spyskaart is, begin jy sommer dadelik aan ’n verskoning dink om vroeër te loop.

Want hierdie gevreesde opstoot-en-spring-in-die-lug-oefening kan vir selfs die fiksste atlete slapelose nagte gee.

Nou het Nick Anapolsky, ’n Kanadese CrossFit-atleet, in Maart die wêreldrekord vir die meeste burpees in een uur verbeter.

Die vorige rekord was 870. Anapolsky het vir 879 agtereenvolgende keer die moordende roetine van opstoot, hurk en spring gevolg.

Volgens berigte het hy aanvanklik probeer om 15 burpees per minuut te doen, maar teen die einde het die man moeg begin word en van sy probeerslae het nie getel nie.

Nick Anapolsky in aksie. Foto: Instagram.

“Dit is egter steeds baie lekker om te sê dat ek die meeste burpees nóg in een uur gedoen het. Dit maak eintlik nie vir my saak of dit môre of oormôre verbeter word nie; om die rekord selfs net vir ’n dag agter my naam te hê is baie spesiaal,” het Anapolsky gesê.

Hy het sy rekord met ’n pizzafees gevier.

Verlede jaar het ’n 62-jarige George Hood die plank-rekord verbeter toe hy dié posisie vir ’n verstommende agt uur, 15 minute en 15 sekondes gehou het. Sodoende het hy die vorige wêreldrekord van agt uur en een minuut verpletter.

“Ek het nog altyd gedroom om ’n rock-ster te wees, selfs net vir 24 uur. Nou ja, vir daardie agt uur was ek beslis een gewees,” het hy ná die tyd gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.