CrossFitters nou klaar met Ope

Patrick Vellner. Foto: Twitter.

Die CrossFit Ope van 2020 is sommer vanjaar aangebied en ná vyf weke se strawwe oefening, en hoewel daar nog hier en daar ’n punteverandering kan plaasvind, is die voorlopige wenners reeds aangewys.

Op die internasionale front is Kanada se Patrick Vellner en Ysland se Sara Sigmundsdottir die voorlopers.

Dit is Sigmundsdottir se tweede agtereenvolgende Ope-sege, terwyl dit Vellner se beste probeerslag nóg is – sy vorige beste poging was in 2018, toe hy vyfde ter wêreld geëindig het.

Jason Smith is SA se kampioen. Foto: Facebook.

Die verdedigende wenner van die CrossFit Spele én die Ope – Mat Fraser – is in die derde plek. Australië se Tia-Clair Toomey het die Ope in die vierde plek afgesluit.

Op tuisbodem is Jason Smith Suid-Afrika se voorste mansatleet, terwyl Tammi Robinson in die vroue-afdeling die fiksheidskroon dra.

Die 20 top-atlete in die wêreldwye Ope, sowel as die nasionale wenners, kwalifiseer vir volgende jaar se CrossFit Spele in die VSA.

Smith en Dina Swift het vanjaar vir Suid-Afrika verteenwoordig. Albei het vroeg in die kompetisie uitgeval.

Wêreldwye uitslae:

  • Mans:
  1. Patrick Vellner (Kanada)
  2. Jeffrey Adler (Kanada)
  3. Mat Fraser (VSA)
  4. Lefteris Theofanidis (Griekeland)
  5. Bjorg Gudmundsson (Ysland)
  6. Noah Ohlsen (VSA)
  7. Bayden Brown (Australië)
  8. Jean-Simon Roy-Lemaire (Kanada)
  • Vroue:
  1. Sara Sigmundsdottir (Ysland)
  2. Annie Thorisdottir (Ysland)
  3. Kristin Holte (Noorweë)
  4. Tia-Clair Toomey (Australië)
  5. Emma McQuaid (Ierland)
  6. Jamie Greene (Nieu-Seeland)
  7. Kari Pearce (VSA)
  8. Carol-Ann Reason-Thiboult (Kanada)

Suid-Afrika:

  • Mans:
  1. Jason Smith
  2. Kealan Henry
  3. Mick Stocchi
  4. AJ Visser
  5. Justin Swart
  6. Trent Williams
  7. Alan Foulis
  8. Estian Ferreira
  9. Richard Smith
  10. Schalk Burger
  • Vroue:
  1. Tammi Robinson
  2. Michelle Merand
  3. Dina Swift
  4. Mariska Smit
  5. Emma Rogers
  6. Janine Penniall
  7. Mary Jamieson
  8. Gilmari Reyneke
  9. Louise Payne
  10. Vicky Polydorou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.