Da Costa laat waai in die Kaap!

Antonio Felix da Costa spring van vreugde in die Kaap. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Die vreugdevure brand hoog in die Tag Heuer Porsche span nadat Antonio Felix da Costa by die eerste Formule E-wedren in Kaapstad met die louere weggery het.

Die 31-jarige Portugese renjaer het met sy bestuursvernuf beïndruk en hy het ʼn paar keer in sy ekovriendelike renmotor uitstekend verby sy teenstanders gedans.

Vroeër het Nissan se Sacha Fenestraz vir die vinnigste ronde nóg gesorg toe hy heel eerste op die wegspringrooster gekwalifiseer het. Hy het egter net voor die einde van die wedren teen ʼn versperring gebots.

Dit was ook nie ʼn lekker dag vir Suid-Afrika se Kelvin van der Linde nie dat sy ABT Cupra-span noodgedwonge weens meganiese probleme aan die wedren moes onttrek.

Hou Maroela Media dop vir nog stories oor die Kaapse wedren-ervaring.

Uitslae:

  1. Antonio Felix da Costa (Tag Heuer Porsche)
  2. Jean-Eric Vergne (DS Penske)
  3. Nick Cassidy (Envision Racing)
  4. René Rast (McLaren Neom)
  5. Sebastien Buemi (Envision Racing).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.