Luister: Dakar reeds té rof vir 56 deelnemers

Jakub Przygonski van Pole in aksei. AP Photo/Bernat Armangue.

Die Dakar-wedren in Saoedi-Arabië het al gesorg dat 56 deelnemers die handdoek ingegooi het, en dit was gister skaars die vyfde van 12 skofte gewees.

Tog het Spanje se Carlos Sainz sy houvas op die voorloperplek verstewig met sy tweede skofoorwinning van die wedren.

Hy was drie minute vinniger as Toyota Gazoo Racing se plaaslike gunsteling, Katar se Nasser Al-Attiyah. Die Spanjaard het nou ’n voorsprong van ses minute op die tydrooster.

Die Fransman en wenner van die vierde skof, Stéphane Peterhansel, het die dag in die derde plek afgesluit; ’n hele 18 minute agter Sainz.

Glyn Hall, spanbaas van Toyota Gazoo Racing, het gesê dat Fernando Alonso die dag se groot ster was. Die voormalige F1-wêreldkampioen het die dag in die sewende plek afgesluit en was self ook heel in sy noppies met sy vertoning.

“As ʼn mens van spoed praat, was vandag beslis ons beste dag. Ons het ’n lekker ritme gehandhaaf en ek is baie tevrede met ons vertoning,” het Alonso gesê.

Suid-Afrika se Giniel de Villiers is 46 minute agter Sainz op die algehele punteleer.

  • Uitslag van die vyfde skof:
  1. Carlos Sainz (Mini/BMW)
  2. Nasser al-Attiyah (Toyota)
  3. Stéphane Peterhansel (Mini/BMW)
  4. Yazeed Al-Rajhi (Toyota)
  5. Orlando Terranova (Mini/BMW)
  6. Giniel de Villiers (Toyota)
  7. Fernando Alonso (Toyota)
  8. Yasir Saeidan (Mini/BMW)
  9. Jakub Przygonski (Mini/BMW)
  10. Mathieu Serradori (Century)
  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat by die Dakar-wedren gebeur en hoe dit met deelnemers van Suider Afrika gaan. Luister na die klankinsetsel bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben Wasserman ·

In die Dakar wedren is nog Suid-Afrikaners OOK Pretorianers.
Hennie de Klerk en sy co drywer, Johan Smalberger van Pretoria is ook in die Dakar.

In die 5de stage eindig hulle 44ste en in
6de stage is hulle 30ste
Baie goeie vordering

Algeheel vorder hulle van 40ste na 36ste
Hulle Navara se nommer is 354

Dit sal wonderlik wees indien Maroela Media hierdie gebeure dop hou en daaroor rapporteur

Dalk was Maroela onbewua van ons eie Pretorianer Johan Smalberger wat in Dakar deelneem

Groete
Ben Wasserman

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.