Dis nou ʼn gejaag na posisies vir die uitspeelrondes

Lindie Lombard van die Fireballs – speler van die wedstryd Sondag teen die Aloes. (Foto Twitter SA Netbal)

Die naweek se sesde en laaste rondomtalieronde van die Netbal-premierliga om die Brutal Fruit-beker in Bloemfontein is reeds ʼn mini-uitspeelreeks in die kleine met vier spanne wat kop aan kop op die puntelys is.

Die Jaguars van Noord-Gauteng, die Wes-Kaap se Stings, Noord-Wes se Flames en Suid-Gauteng se Golden Fireballs is in die wedloop om die eerste twee plekke wat outomaties na die halfeindronde toe deurgaan.

Benewens die vier voorste spanne, sal die Crinums en die Aloes mekaar se uitslae fyn dophou om te sien wie neem die vyfde en wie die sesde plek in.

Die strafste wedstryd dié naweek word Sondag 12:30 tussen die Flames en die Stings gespeel. Die Flames is tans ná agt wedstryde in die derde plek op die puntelys met die Stings in die vierde plek ná net sewe wedstryde.

Die Stings speel Saterdag teen die Mpumalanga Sunbirds wat nog net een oorwinning behaal het en behoort dus hul posisie op die puntelys te verbeter.

Die Aloes, sesde, speel Sondag teen die Baobabs wat net een punt agter hulle in die sewende posisie is. Daar is dus vir albei spanne heelwat op die spel om sesde te eindig en sodoende nog ʼn kans te staan om die halfeindrondes te haal.

♦  Die uitspeelwedstryde is vir die voorste ses spanne van die grootste belang. Die spanne wat eerste en tweede in die rondomtalie-fase eindig, gaan direk deur na die halfeindrondes. Die spanne wat van die derde tot die sesde plek geëindig het, speel teen mekaar uit en die twee uitklopwenners kwalifiseer vir die halfeindronde.

Die toernooi eindig op 11 Junie.

♦  Die onderste vier spanne speel ook uit teen mekaar om die posisies op die puntelys te bepaal.

Daar is algemene konsensus by die afrigters dat die swakker spanne algaande verbeter namate die reeks vorder. Die Mpumalanga Sunbirds het die naweek hulle eerste wedstryd gewen deur 49-31 met die Diamonds af te reken.

Die laaste vier spanne se uitspeelwedstryde om die laer plekke behoort dus ook gelykop te verloop.

Die naweek se uitslae –

Vrydag: Baobabs 28-49 Flames; Jaguars 55-40 Kingdom Stars
Saterdag: Baobabs 36-60 Stings; Fireballs 67-29 Kingdom Stars: Crinums 40-54 Flames
Sondag: Diamonds 31-49 Sunbirds; Aloes 28-76 Fireballs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uncle Buck ·

As ek die sport so dop hou lyk dit vir my so al asof die Vrystaat se sport ‘n hengse dip vat. Daar is nou nie eers een sport wat bietjie uitblink nie. Tog so jammer vir ons as onder steuners

Reet ·

Lindie Lombard van die GAUTENG FIREBALS nie van die ALOES nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.