Dit is lonend om CrossFit te doen

Tia-Clair Toomey spog met haar wentjek. Foto: Twitter.

Om ’n professionele CrossFit-atleet te wees is nie meer sommer net ’n hierjy-storie nie.

Wenners van die eerste CrossFit-spele in 2007 het $500 in die sak gesteek; Justin Medeiros en Tia-Clair Toomey het die afgelope naweek ’n wentjek van meer as R4 miljoen ontvang omdat hulle die Rogue Invitational-byeenkoms gewen het.

Al twee atlete het ook vroeër vanjaar se Spele in Madison, Wisconsin, gewen wat vir ’n ekstra R4,7 miljoen in die bankrekening gesorg het.

Suid-Afrika se Jason Smith, wat die Rogue-kompetisie in die 19de plek afgesluit het, het ook amper R100 000 gewen.

Intussen begin die 2022- CrossFit-ope op 24 Februarie en sal op 14 Maart tot ’n einde kom.

  • Uitslae van die afgelope naweek se Rogue-kompetisie:

Mans:

  1. Justin Medeiros ($261 380)
  2. Patrick Vellner ($99 435)
  3. Jeffrey Adler ($47 699)
  4. Bjorgvin Karl Gudmundsson
  5. Guilherme Malheiros
  6. Jayson Hopper
  7. Chandler Smith
  8. Alex Caron
  9. Saxon Panchik

Vroue:

  1. Tia-Clair Toomey ($266 380)
  2. Annie Thorisdottir ($99 435)
  3. Gabriela Migala ($47 699)
  4. Laura Horvath
  5. Haley Adams
  6. Kristin Holte
  7. Kari Pearce
  8. Mallory O’ Brien
  9. Emma McQuaid
  10. Amanda Barnhart

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jean ·

Die is nie ‘n maklike sport om van die top 3 te word nie, baie harde werk en baie pyn ook.

Danie ·

Ai as die wentjek op die foto en die berig se inligting nou net kan ooreenstem…..

tacitus ·

Danie, met n Rand/dollar verhouding van ongeveer R15.00 teen n dollar werk die berig vir my korrek uit. Sy het ook twee oefen-sessies gewen wat vir haar n verdere $10.000.00 in die sak gebring het. Siedaar R4000000.00.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.