Djokovic ondergaan skanderings ná bottel hom tref

Novak Djokovic het sy eerste wedstryd in Rome gewen. (Foto: Filippo Monteforte/AFP)

Novak Djokovic het sy uitskakeling in die derde ronde van die Italiaanse Ope Sondag deur Alejandro Tabilo as “kommerwekkend” beskryf. Die nederlaag kom twee dae nadat ʼn bottel Djokovic teen die kop getref het, ʼn voorval wat volgens hom naarheid en duiseligheid veroorsaak het.

Die Serwiër se poging tot ʼn rekord 41ste Meesters-titel is in net meer as ʼn uur beëindig deur die Chileense Tabilo. Dit is Tabilo, 32ste op die wêreldranglys, se eerste oorwinning teen ʼn toptien-teenstander. Die telling was 6-2 en 6-3.

Djokovic het gesê dat sy gedempte vertoning op ʼn baan waar hy ses titels verower het, dalk te wyte was aan die hou wat hy gekry het toe hy aanhangers Vrydagaand gegroet het.

Hy het aanvanklik gelag nadat ʼn harde waterbottel hom ná sy oorwinning teen Corentin Moutet teen die kop getref het en het Saterdagoggend ʼn fietsryvalhelm na sy oefening te dra.

“Ek weet nie, om eerlik te wees. Ek sal moet sien. Die oefening was anders. Ek het die oefening lig gehou. Ek het niks gevoel nie, maar ek het ook nie dieselfde gevoel nie,” het Djokovic gesê.

“Onder [Sondag] se hoë druk was dit nogal erg; nie in terme van pyn nie, maar met balans. Daar was net geen koördinasie nie.”

Djokovic het ook gesê dat hy skanderings sal ondergaan om voor die Franse Ope in Parys vas te stel wat aan die gang is. Hy reis na Frankryk, nie net bekommerd oor die uitwerking van die hou teen die kop nie, maar ook oor sy spelpeil.

Die laaste keer dat Djokovic sonder ʼn titel agter sy naam op Roland Garros meegeding het, was in 2018.

Djokovic, die verdedigende kampioen by die Franse Ope, erken dat “alles beter moet wees sodat ek ten minste ʼn kans staan om te wen”.

ʼn Oorwinning kan aan hom sy 25ste Grand Slam-titel besorg.

“Die manier waarop ek vandag op die baan gevoel het, was soos ʼn ander speler wat in my skoene staan,” het Djokovic gesê. “Dit is effens kommerwekkend.”

Djokovic se vroeë uitskakeling beteken dat die toernooi voor Roland Garros nou wawyd oop is. Die derde gekeurde

Alexander Zverev in aksie in Madrid. (Foto: Christof Stache/AFP)

het die Italianer Luciano Darderi, 54ste op die wêreldranglys, met 7-6 (7/3) en 6-2 geklop.

Daarby was Tabilo ʼn waardige wenner teen Djokovic.

“Eerlikwaar, op geen oomblik het ek gedink ‘oukei, ek kan dit wen nie’,” het ʼn verheugde Tabilo ná die wedstryd gesê.

“Ek het ongelooflike tennis gespeel. Ek het die hele wedstryd net probeer om dit punt vir punt te vat, om nie aan die telling te dink nie. Elke punt was soos die begin van die wedstryd.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hugo ·

Blah, blah,blah…die ou het altyd verskonings as hy nie wen nie.

Oros Soros ·

Jy weet wat Hugo, hy is die grootste mans tennis speler wat daar al ooit was. Ek sal wil sien hoe jy sal optree as jy teen die kop gegooi word. So spaar ons jou eentonige blah blah blah.

Leeubekkie ·

Hoop hy word gou gesond. Klink soos harsingskudding. Ouch!

Theresa ·

Dit was n klein waterbottel en het uit ń toeskouer se rugsak gegly, en die toernooi-dokters het hom fiks verklaar en geen skade is aangemeld. As hy gister gewen het dan was die “botteljie” nooit weer genoem, maar iemand moét die skuld kry..

Volgens my is die Spanjaard Rafa Nadal die wêreld se voorste speler van alle tye, ook in die moderne era, maar opinies verskil, en ons respekteer dit..

JohanR ·

As die ANC die verkiesing verloor, dan kan Ramaphosa se ‘n bottel het hom teen die kop getref!

Snuffelgids ·

Mense…gaan kyk na die voorval. Ek het myself harder as dit teen die kop geklap net om na van die kommentaar te lees. Nie seker n mens se kop is so sag nie

Oom Charles ·

Die bottel was van metal en het hom direk van bo op die kop getref, ‘n hele ent ver geval
Hou op galbraak teen die man
Leunstoel- kommentators is daar reeds genoeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.