Djokovic, Tsitsipas wen hul kleibaanwedstryde

Stefanos Tsitsipas. (Foto: Joan Valls/AFP)

Stefanos Tsitsipas het sy stempel in Spanje afgedruk toe hy op ʼn drafstap met Pedro Cachin in die Barcelona-ope afgereken het.

Die eindtelling was 6-4 en 6-2 in die Griek se guns.

Volgens die tweedegekeurdespeler was dit net een van daardie wedstryde waar alles in plek geval het.

“Ek het goeie tennis gespeel en vir Pedro aan’t raai gehou. Terselfdertyd het ek aggressiewe spel opgedis en ʼn antwoord gereed gehad vir elke liewe vraag wat hy op die baan gevra het,” het Tsitsipas gesê.

Hy sal nou in die derde ronde teen Kanada se Denis Shapovalov te staan kom.

Dan het Novak Djokovic effens gesukkel in sy wedstryd teen Luca van Assche in Bosnië. Die wêreld se voorste speler het weliswaar die kragmeting met 6-7, 6-3 en 6-2 gewen, maar hy het later erken dat hy harde bene gekou het.

“Dit was hoegenaamd nie maklik nie. Dit was seker die stadigste baan waarop ek nog ooit gespeel het en ek het gesukkel om die toestande baas te raak,” het die Serwiër gesê.

Hy is egter tevrede met die wyse waarop hy in die laaste twee stelle teruggeveg het.

“Ek kan natuurlik baie beter speel, maar ʼn wen bly ʼn wen.”

  • Uitslae:

Barcelona-ope:

Lorenzo Musetti klop Jason Kubler met 6-3 en 6-1

Dan Evans klop Matteo Arnaldi met 6-4 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Pedro Cachin met 6-4 en 6-2

Karen Khachanov klop Nicolas Jarry met 6-4 en 6-4

Cameron Norrie klop Pavel Kotov met 6-1 en 6-2

Alex de Minaur klop Alexander Shevchenko met 6-0 en 6-1

Jannik Sinner klop Diego Schwartzman met 6-2 en 6-4

Grigor Dimitrov klop Emilio Gomez met 6-3 en 6-1

Denis Shapovalov klop Jozef Kovalik met 6-4 en 6-3

Banja Luka-ope:

Novak Djokovic klop Luca van Assche met 6-7, 6-3 en 6-2

Alex Molcan klop Alexei Popyrin met 7-6, 4-6 en 7-5

Jiri Lehecka klop Gael Monfils met 6-4 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.