Een van SA Hokkie se grootste sterre tree uit

Rhett Halkett. Foto: Facebook.

SA Hokkie het hulde aan Rhett Halkett gebring nadat dié sterhokkiespeler vroeër die maand sy uittrede aangekondig het. Hy was in 2016 Suid-Afrika se hokkiespeler van die jaar en het die land 157 keer verteenwoordig.

“SA Hokkie is ongelooflik dankbaar vir Rhett se uitstekende bydrae wat hy gelewer het,” het Marissa Langeni, die vereniging se hoof- uitvoerende beampte, gesê.

“Ons wens Rhett alle sterkte toe vir sy toekomsplanne en ons weet dat hy suksesvol sal wees.”

Halkett het in drie Wêreldbekertoernooie (2010, 2014 en 2018) gespeel, asook in twee Statebondspele-kampioenskapreekse. In 2012 was hy ook by die Olimpiese Spele in Londen in aksie.

Hy het ook vier Afrikanasiebekers gewen.

Sy vaardighede is deur Europese klubspanne raakgesien en hy het vir Hoofdklasse in die Nederlandse liga gespeel, terwyl hy ook stokke vir Mannheimer en Hamburg in die Bundesliga geswaai het.

SA Hokkie se mediabeampte, Tyron Barnard, het gesê Halkett het ’n kalmerende invloed op die span gehad.

“Hy het ’n uitsonderlike gawe gehad om die spel te lees en kon enige bal onderskep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Graaf ·

Hoofdklasse is nie ‘n klub nie, maar hoe die topliga in Nederland bekendstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.