F1: Red Bull verhang die bordjies

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Die Formule Een Grand Prix van Monaco is Sondag deur Daniel Ricciardo (Red Bull) gewen wat van begin tot einde voorgejaag het. Sebastian Vettel het tweede in sy Ferrari geëindig terwyl die huidige wêreldkampioen en voorloper op die punteleer, Lewis Hamilton (Mercedes), derde was.

Die straatren oor 78 rondes was gekenmerk deur bitter min voorvalle en die eerste ses motors het in dieselfde posisies geëindig as waarin hulle begin het.

Tydens die finale oefenrondes was Red Bull op almal se lippe toe Max Verstappen sy motor teen die sperrelings by die swembad laat beland het. Boonop het sy spanmaat Daniel Ricciardo ʼn vinniger tyd as Verstappen opgestel.

Ná afhandeling van die kwalifisering was Daniel Ricciardo (Red Bull) eerste op die wegspringrooster.

Land en RenjaerPosTyd
D. Ricciardo

Red Bull·#3

11:10.810
S. Vettel

Ferrari·#5

21:11.039
L. Hamilton

Mercedes·#44

31:11.232
K. Räikkönen

Ferrari·#7

41:11.266
V. Bottas

Mercedes·#77

51:11.441

Met die wegspring was daar geen verandering onder die voorste 11 jaers nie. Max Verstappen (Red Bull) het in die 20ste plek weggespring en ná ʼn derde van die wedren was hy in die tiende plek.

Selfs nadat die motors hul eerste besoek aan die kuipe afgehandel het, om bande te laat verander, was dit steeds Daniel Ricciardo wat die pas aangegee het. Sebastian Vettel (Ferrari) was steeds tweede, Hamilton (Mercedes) derde en Räikkönen (Ferrari) vierde.

In ronde 29 uit 78 het Räikkönen se Red Bull krag begin verloor en Vettel was gou op sy hakke. Valtteri Bottas (Mercedes) het net een keer vir bande gestop en was halfpad deur die wedren die gevaar-man. Die voorste jaers het egter nie ʼn tweede keer gestop nie terwyl Räikkönen se probleme verby was. Die eerste motor wat uitgeval het, was Fernando Alonso in ronde 54.

In ronde 73 was daar ʼn ongeluk onder twee van die agterste motors en die virtuele veiligheidsmotor is ingespan. Dit het egter nie lank geduur nie en in die laaste vier rondes het die voorste posisie onveranderd gebly.

Die uiteindelike wenner was Daniel Ricciardo (Red Bull) wat van begin tot einde voorgejaag het. Sebastian Vettel het tweede in sy Ferrari geëindig terwyl die huidige wêreldkampioen en voorloper op die punteleer, Lewis Hamilton (Mercedes) derde was. Kimi Räikkönen (Ferrari) was vierde en Valtteri Bottas vyfde.

Die voorloper op die punteleer is Lewis Hamilton wat 14 punte meer het as Sebastian Vettel.

PosRenjaerSpanPunte
1Lewis HamiltonMercedes GP110
2Sebastian VettelFerrari96
3Daniel RicciardoRed Bull72
4Valtteri BottasMercedes GP68
5Kimi RäikkönenFerrari60

Die volgende wedren word oor twee weke in Kanada gejaag. Dit sal die sewende wedren van die jaar wees.

Klik hier vir meer inligting:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Plaasjapie86 ·

Ricciardo se kar het probleme gegee, Vettel was agter hom

Cassie Louw ·

Räikkönen jaag nie met ‘n Red Bull nie en sy Ferrari het nie probleme gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.