F1-seisoen sal weer in Australië begin

(Christian Bruna, Pool via AP, File)

Die F1-base het ’n voorlopige kalender vir die 2021-wedrenjaar bekendgestel en oudergewoonte sal die seisoen in Australië begin.

Altesaam 23 wedrenne word beplan en die seisoen sal op 5 Desember 2021 in Abu Dhabi tot ’n einde kom.

“Soos ons vroeër reeds gesê het, verwag ons dat toeskouers vir die 2021-seisoen sal terugkeer en ondersteuners kan na ’n kalender soortgelyk aan die oorspronklike beplanning vir 2020 uitsien,” het F1 in ’n amptelike verklaring gesê.

Volgens Chase Carey, F1-voorsitter, het vanjaar se wedrenne gewys dat sport suksesvol in die Covid-19-era aangebied kan word.

“Baie van die gasheerstede gebruik die wedrenne as ’n platform om vir die wêreld te wys dat hulle vorentoe kan beweeg en die virus kan bestuur,” het Carey gesê.

  • Die voorlopige F1-kalender vir 2021:

21 Maart: Australië

28 Maart: Bahrein

11 April: China

25 April: Moet nog bevestig word

9 Mei: Spanje

23 Mei: Monaco

6 Junie: Azerbeidjan

13 Junie: Kanada

27 Junie: Frankryk

4 Julie: Oostenryk

18 Julie: Verenigde Koninkryk

1 Augustus: Hongarye

29 Augustus: België

5 September: Nederland

12 September: Italië

26 September: Rusland

3 Oktober: Singapoer

10 Oktober: Japan

24 Oktober: VSA

31 Oktober: Mexiko

14 November: Brasilië

28 November: Saoedi-Arabië

5 Desember: Abu Dhabi

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.