Die eerste wedren in vanjaar se Grand Prix-reeks is in Melbourne deur Ferrari oorheers. Sebastian Vettel en Kimi Rainnonen het eerste en derde geëindig om die jaar op ʼn hoë noot te begin. Daar is vanjaar 21 wedrenne met die laaste ronde wat eers op 25 November in Abu Dhabi afgehandel word.
Die verdedigende kampioen, Lewis Hamilton (Mercedes), het die eerste posisie op die wegspringrooster ingeneem met Ferrari tweede en derde. Al tien spanne met twee motors elk was op die wegspringrooster.
- Lewis Hamilton (GBR/Mercedes) 1:21,164
- Kimi Raikkonen (FIN/Ferrari) 1:21,828
- Sebastian Vettel (GER/Ferrari) 1:21,838
- Max Verstappen (NED/Red Bull-TAG Heuer) 1:21,879
- Daniel Ricciardo (AUS/Red Bull-TAG Heuer) 1:22,152
Die wedren het sonder enige noemenswaardige voorvalle begin met Hamilton, Raikkonen en Vettel wat gou ʼn gaping met die ander motors opgebou het. Verskeie motors het tegniese probleme tydens die eerste derde van die wedren ondervind.
Hamilton het sy bande gaan omruil tydens die normale wedren. Die veiligheidsmotor (eers virtueel) het halfpad deur die wedren vir verskeie rondes voor gery waartydens die meeste motors hul bande geruil het. Vettel het die voortou geneem tydens die bandruilings-tydperk met Hamilton wat teruggeskuif het na die tweede plek en Raikkonen derde.
Dis ook hoe sake geëindig het met net sewe sekondes wat die top vier motors geskei het. Vyftien van die 20 motors het die wedren voltooi.
Finale uitslag:
Pos | Renjaer | Land | Motor | Pte |
1 | Sebastian Vettel | Dui | Ferrari | 25 |
2 | Lewis Hamilton | Brit | Mercedes | 18 |
3 | Kimi Räikkönen | Fin | Ferrari | 15 |
4 | Daniel Ricciardo | Aus | Red Bull Racing TAG Heuer | 12 |
5 | Fernando Alonso | Span | McLaren Renault | 10 |
6 | Max Verstappen | Ned | Red Bull Racing TAG Heuer | 8 |
7 | Nico Hulkenberg | Dui | Renault | 6 |
8 | Valtteri Bottas | Fin | Mercedes | 4 |