Ferrari se Leclerc en ander buig nie die knie

Charles Leclerc. (Mark Sutton/Pool via AP)

Die belowende Ferrari-renjaer Charles Leclerc was een van sewe F1-sterre wat nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging (BLM) gebuig het nie.

Kevin Magnussen, Max Verstappen, Kimi Räikkönen, Carlos Sainz, Daniil Kvyat en Antonio Giovinazzi is die ander renjaers wat nie saam met Lewis Hamilton die knie gebuig het vóór die afgelope naweek se Grand Prix op Silverstone weggespring het nie.

Die 22-jarige is tans vyfde op die punteleer met 33 punte, ’n hele paar kuipstoppe agter Mercedes se Hamilton.

“Ek is teen rassisme. Ek sal daarteen veg en ek is bly dat F1 sy platform daarvoor gebruik,” het hy aan die Italiaanse koerant La Gazzetta dello Sport gesê.

“Ek wil egter nie die knie buig nie omdat baie van die wêreldwye protesoptogte met geweld gepaardgaan. Ek keur dit nie goed nie. Verder hou ek ook nie daarvan dat politici hierdie beweging vir hul eie gewin gebruik nie.”

Volgens Leclerc het die F1-base hulle die geleentheid gegun om hulself op enige manier uit te druk.

“Ons almal het tydens die Oostenrykse Grand Prix ons End Racism-hemde gedra en dit was die hoofboodskap wat ons wou oordra.”

Nodeloos om te sê het sy woorde óók ’n storm op sosiale media ontketen.

“Dit is baie hartseer om te sien hoe sommige mense my woorde manipuleer om my soos ’n rassis te laat klink. Ek is hoegenaamd nie ’n rassis nie en ek sal ook nooit een wees nie,” was sy sterkbewoorde antwoord op Twitter.

Sebastian Vettel (links) en Lewis Hamilton voor die wedren. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Hamilton, wat al F1-legendes soos sir Jackie Stewart en Mario Andretti as onkundig bestempel het weens hul gebrekkige steun vir sy veldtog teen rassisme, het gesê dat Leclerc en kie moet kyk na wat hul landgenote op die sportveld doen.

“Ek gaan nie vir jou sê wat my mening hieroor is nie en wat almal moet doen of nie moet doen nie,” het die uitgesproke Brit gesê.

“Maar as jy na ander sportsoorte – soos basketbal en sokker – van oor die hele wêreld kyk, ondersteun almal dit (BLM) in ’n verenigde front.”

Andretti en Stewart het vroeër gemeen dat Hamilton sake net ’n bietjie te ver voer.

“Ek het baie respek vir Lewis, maar is dit nodig om militant te word? Hy is nog altyd aanvaar en het almal se respek verdien,” het Andretti, wat in 1978 die wêreldkampioen was, gesê.

“Ek voel dat alles ’n bietjie pretensieus is en dat dit ’n probleem skep wat nie bestaan nie.”

Hamilton het onmiddellik teruggekap en gesê dat Andretti onkundig is.

“Dit is teleurstellend, maar ongelukkig die werklikheid. Van die ouer generasie wat vandag steeds ’n stem in die sport het, kan net nie erken dat daar ’n probleem is nie. Hierdie doodeenvoudige onkunde sal my nie keer om op verandering aan te dring nie,” het Hamilton teruggekap.

  • Nóg aksie op Silverstone spring Sondag om 15:10 weg. Dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Suzette ·

Ek wens Hamilton wil stilbly – nie nodig vir hom om ander mense te probeer manipuleer of van onkunde te beskuldig nie. Almal hoef nie sy denke na te streef nie – duidelik het hy nie respek vir ander mense nie. Miskien moet hy hom eerder by sy sport bepaal en seker maak hy hou sy renmotor op die baan.

Anoniem ·

Ja Suzette, elke persoon is geregtig op sy eie opinie en indien daar sportsterre is wat nie hierdie BLM beweging wil ondersteun nie, is dit hulle keuse en moet daarvoor gerespekteer word.

Anne-Marie ·

Lewis Hamilton kan nie respek vir homself he om so iets kwyt te raak nie, hy kan en sal nooit ander persone kan respekteer nie…beter nog…. as hy politiek wil praat…gaan Downing Str 10 toe, bly weg van die renbane en sport-arenas ….

MakersMark ·

Laat hul buig, hul oefen om op hul knie te staan en smeek vir wanneer daai BL vir wie hul nou aanbid ‘n yskoue lem teen hul keel druk. Hopelik bid hul dan tot die regte God.

tweeling ·

hamilton lieg, in Amerika is daar sportmanne wat nie die knie buig nie. Hy moenie dink as hy dit doen moet almal dit doen nie. Gelukkig gaan die ding oorwaai en dan is al die geblaas verby

Andre ·

Dis so lekker om te sien die wat kan dink volg nie die skaap-sindroom se denke nie.

Norries ·

Hamilton en sy voorsate, was van die grootste rassiste in die wêreld se geskiedenis. Die Iere en ons boer vroue by die duisende in konsentrasie kampe laat sterf. Gaan lees jou land se geskiedenis weer, en buig die knie so laag dat jou ken op die grond sleep. Doen dit die keer uit skaamte asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.