Ferrari se selfvertrouebeker is vanjaar voller

Ferrari-spanbaas Fred Vasseur meen dat sy span goed genoeg is om Red Bull onder druk te plaas. (Foto: William West/AFP)

Ferrari se selfvertrouebeker is aansienlik voller ná sy goeie vertoning in Melbourne. Carlos Sainz het eerste oor die eindstreep in die Australiese stad gejaag, gevolg deur spanmaat Charle Leclerc.

“Goeie uitslae beteken meer selfvertroue en ek glo dat ons in die afgelope maand momentum kon opbou,” het Fred Vasseur, Ferrari-spanbaas, gesê.

Nog ʼn meevallertjie is dat die span nou net vier punte agter Red Bull op die vervaardigerspunteleer is nadat Max Verstappen nie die Melbourne-wedren kon voltooi nie, terwyl Sergio Perez met ʼn vyfde plek tevrede moes wees.

“Wanneer dinge vir ons reg uitwerk – en ek dink wel nie dit is iets wat elke week sal gebeur nie – kan ons Red Bull onder druk plaas. En wanneer hulle onder druk is, maak hulle foute op die renbaan.”

Tog meen Vasseur dat dit veel belangriker is om in die spieël te kyk as om die vordering van ander spanne dop te hou.

“Ek wil nie op Red Bull se vertonings fokus nie, ek wil eerder my volle aandag aan ons renmotor gee. In die geheel is ek tevrede met die span se vordering en ek is veral in my noppies met ons spoed wat ons nou per ronde kan handhaaf.”

Die geruite vlag sal hierdie naweek weer in Japan geswaai word en Verstappen is die verdedigende kampioen op die Suzuka-renbaan.

  • Jaerspunteleer:

Max Verstappen: 51 punte

Charles Leclerc: 47 punte

Sergio Perez: 46 punte

Carlos Sainz: 40 punte

Oscar Piastri: 28 punte

Lando Norris: 27 punte

George Russell: 18 punte

Fernando Alonso: 16 punte

Lance Stroll: 9 punte

Lewis Hamilton: 8 punte

  • Vervaardigerspunteleer:

Red Bull: 97 punte

Ferrari: 93 punte

McLaren: 55 punte

Mercedes: 26 punte

Aston Martin: 25 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janine ·

Ek sal jul nog hierdie seisoen ondersteun, soos al meer as 30 jaar. Maar volgende jaar sal ek glad nie F1 kyk nie. Julle moet hamilton maar geniet.

Duck ·

Nee wat Ferrari se doppie is geklink, hy sal heeltyd maar aan die agterste speen suig, die ander span (en ek noem juis nie hul naam nie want ek kan hul nie staan nie) sal maar weereens domineer. Hamilton is ook maar net ‘n “has been”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.