Die Brutalfruit Netbal-premierliga is Vrydag voortgesit by die Universiteit van Tegnologie in Durban waar die Oos-Kaapse Aloes met 38-26 teen die Sunbirds van Mpumalanga gewen het en Gauteng se Golden Fireballs met 48-44 teen die Flames van Noord-Wes baas was.
Saterdag word daar drie wedstryde gespeel en Sondag een. ʼn Mens sal dan na die eerste drie rondes van die rondomtalie ʼn beter afleiding kan maak hoe die spanne teen mekaar opweeg
Saterdag se bepalings –
14;00 – Limpopo Baobabs teen KZN Kingdom Stars
17:00 – Oos-Kaap se Aloes teen Noordwes se Flames
19:00 – Vrystaat Crinums teen Wes-Kaap se Southern Stings
Sondag –
10:30 – Limpopo Baobabs teen Noord-Kaap se Diamonds
12:30 – Wes-Kaapse Southern Stings teen KZN Kingdom Stars